Nuus 08:00
BULLETIN 10 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Kubayi sê die rasionalisering van die howe sal toegang tot geregtigheid verbeter
# Brittanje, Australië, Kanada, Frankryk en Noorweë tree op teen setlaargeweld in die Wesoewer
# En tennis: Serena Williams vier haar terugkeer met ‘n oorwinning by Queen’s
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering werk daaraan om toegang tot geregtigheid vir almal te verbeter deur howe te rasionaliseer. Die Kabinet het ‘n meesterplan goedgekeur om howe se grense aan te pas en waar nodig nuwe reg-setels te vestig. Dis deel van pogings om werkladings te verlig en toegang tot geregtigheid te verbeter. Kubayi sê hulle sal ʼn infaseringsbeleid volg om die Rasionaliseringskomitee se aanbevelings in te stel:
# Eskom sê hy versnel die ontwikkeling van hernubare energieprojekte op nutsskaal en ondersteun groter kragverbruikers om hul energie-oorgangsdoelwitte te bereik. Dit nuutgestigte Eskom Green-afdeling, sal teen 2030 ses gigawatt koolstofvrye elektrisiteit beskikbaar hê. Sowat tien-miljard-rand is oor die volgende vyf jaar aan Eskom Green toegeken. Die kragvoorsiener se groepbestuurder vir hernubare energie, Rivoningo Mnisi, sê Eskom Green sal vir toegang tot die netwerk, dieselfde reëls moet volg met onafhanklike kragprodusente wat ook meeding om die beperkte netwerkvermoë.
# Die ANC in Gauteng se provinsiale taakspan het met die oog op die plaaslikeregeringsverkiesing in November, Hassan Mako as sy burgemeesterskandidaat vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aangewys. Hy sal die voormalige burgemeester Sipho Radebe vervang, wat verlede week deur die party afgedank is. Die ANC sê Mako bring omvattende ervaring as ‘n gemeenskapsontwikkelingswerker asook wyksraadslid vir Wyk 37. Die party sê hy is steeds daartoe verbind om plaaslike regering reg te ruk en ‘n ekonomie te bou wat vir almal werk.
# Brittanje, Australië, Kanada, Frankryk en Noorweë het sanksies en ander maatreëls ingestel teen netwerke wat betrokke is by die finansiering en ondersteuning van geweld teen Palestynse burgerlikes in die Wesoewer. Die gekoördineerde sanksies teiken ses firmas en een individu. Volgens die Verenigde Nasies is daar net in 2025 een-duisend-835 aanvalle teen Palestyne aangemeld. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Yvette Cooper, sê sogenaamde setlaars tree reeds te lank straffeloos op met ondersteuning van die Israelse regering:
# Tennis: Die drie-en-twintigmalige Grand Slam-kampioen Serena Williams het haar eerste professionele oorwinning in byna vier jaar in die vrouedubbelspel by Queen’s in Londen behaal. Die 44-jarige Amerikaner en die Kanadese tiener Victoria Mboko is deur na die kwarteindrondte nadat hulle die derde gekeurde Nicole Melichar-Martinez en Erin Routliffe verslaan het. Die ongekeurde Williams en Mboko kom nou teen Leylah Fernandez en Laura Siegemund te staan. Williams sê sy het dit geniet om terug op die baan te wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-393-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-175-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 91-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….