Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 20 Maart 2025:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het uitgevaar teen omgewingsgroepe wat gekant is teen olie- en gasontginning aan die Weskus en hidrobreking in die Karoo. Die minister vra vir meer boorwerk en minder fokus op hernubare energie.

# Die Mail & Guardian wat reeds vandag verskyn as gevolg van die vakansiedag môre:
Skryf die interne debat in die EFF duur voort oor die strydvraag of die party die begroting gaan ondersteun of nie.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig LP’s het in die portefeuljekomitee oor Polisie gesê dit is verkeerd om die persepsie te skep dat daar ‘n doelgerigte volksmoord op wit boere is. Die misdaadstatistiek ondersteun dit nie.

En tweedens skryf die webblad oor die beurtkrag wat tot vanoggend om vyfuur ingestel is as gevolg van ‘n verlies aan vyf opwekkingseenhede.

GAUTENG:

# The Star & Pretoria News:

Skryf gesondheidskenners is van mening die beëindiging van Amerikaanse befondsing in dié sektor kan tot soveel as 15-duisend werksgeleenthede in die slag laat bly.

En tweedens berig die koerant oor die nuwe Randse Paasskou wat vanjaar gereed maak vir 80-duisend besoekers. Dit begin op 12 April en strek oor vyf dae.

# Sowetan:

Berig 12 matrikulante by die Pre-Primary Achievers School in Florida aan die Wesrand se toekoms is onseker nadat die skool deur die Departement van Onderwys gesluit is.

# En The Citizen:

Skryf die bestuurshoof van Rand Water, Sipho Mosai het aan die Parlement gesê dis die verbruiker se skuld dat daar nie genoeg water is nie, want Suid-Afrikaners gebruik te veel water.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel kan dalk Ebrahim Rasool as ambassadeur in die VSA opvolg. Hoewel talle oudambassadeurs meen hy is ‘n goeie keuse sê die Presidensie dis bloot gerugte.

En tweedens skryf die koerant oor die onderonsie tussen ‘n kliënt en ‘n werknemer by die McDonalds in Kenilworth wat soos ‘n veldbrand op sosialemedia versprei het.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig die ontrekking van Lewensredding Nelson Mandelabaai aan die komende Isuzu Ysterman Afrika-kampioenskap, het die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit genoop om vinnig te gereageer om bekommernisse aan te spreek.

En tweedens skryf die koerant oor ‘n man in ‘n rolstoel wat deur ‘n bankkassier ingedoen is toe hy sy bankkaart wou vervang.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf ‘n skoksyfer oor munisipale skuld van 386-miljard-rand is bekendgemaak.

En berig pogings word aangewend om die Afrika-pikkewyn te red.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig sommige lede van die Independent Patriots for Change is steeds ontevrede oor die keuringsproses vir parlementslede.

En tweedens publiseer die koerant vandag die jaarlikse telkaart van kabinetslede se prestasies of onderprestasies.