Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Januarie 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig president Cyril Ramaphosa het gesê hy is nie bekommerd oor die land se verhouding met die VSA onder president Donald Trump nie. Hy sê hy het ná sy verkiesingsoorwinning met Trump gepraat en sien daarna uit om saam met sy administrasie te werk.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig Ramaphosa sê hy hoop Suid-Afrika se goeie ekonomiese en handelsbande met die VSA sal behou kan word onder die Trump-administrasie.
Tweedens skryf die blad een van die land se voorste regslui, advokaat Jeremy Gauntlet het besluit om uit te tree na die ondersoek van beweerde seksuele misdrywe teen hom.
En laastens word berig ‘n vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee polisiebeamptes in Qwaqwa twee weke gelede.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
Skryf die MK-party het ook geëis dat die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni onmiddellik geskors word. Dit spruit uit bewerings van tenderkorrupsie tydens Ntshavheni se ampstermyn as munisipale bestuurder van Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit.
# Sowetan:
Berig die ma van die vermoorde Clejean Steffensen sê sy gaan baklei vir geregtigheid vir Ashwin Mouwers wat by die hof doodgeskiet is voordat hy teen Steffensen se moordenaars kon getuig. ‘n Kriminoloog sê moorde op getuies is ‘n veldtog van vrees.
# En The Citizen:
Skryf oor die polisie se probleem met ‘n tekort aan voertuie by stasies en speurtakke wat hulle verhoed om hul werk na behore te doen.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die sogenaamde Sizzlers-moordenaars, Roy Woest en Trevor Theys wat 22-jaar gelede nege mense by ‘n huis in Seepunt vermoor het, se paroolaansoek het wye reaksie uitgelok. Die families van die slagoffers sê hulle wil dit nie toelaat nie.
Dan skryf die koerant die hittegolf is effens gebreek.
En laastens word berig die kragprobleme by die Kaapstad Internasionale Lughawe wat gister vir vertragings gesorg het, is opgelos.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur nadat vier mense waaronder ‘n 16-jarige meisie in ‘n huis in Motherwell doodgeskiet is.
En tweedens skryf die koerant die inwoners van Colchester het reuse-waterrekenings ontvang terwyl hulle die grootste deel van Desember geen watertoevoer gehad het nie.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die stryd het begin om Ithala Bank te red.
En berig Lesotho se koning Letsie die Derde het wêreldwye kragmakelaars in Davos gevra om te belê in sy klein Afrika-nasie se groen oorgang.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig plaaslike kontrakteurs kon glo sedert 2021 nie daarin geslaag om projekte ter waarde van sowat 315-miljoen-rand vir NamWater te voltooi nie.
Dan skryf die koerant die stryd oor Namibië se veeartsenykordonheining, ook bekend as die Rooilyn, duur voort in Windhoek se Hoërhof.
En laastens is daar nuus oor Rugby Rascals waar kinders speel-speel alles oor rugby geleer word.