Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 November 2024:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig die Tesourie is verras oor S&P Global se besluit om die regering van nasionale eenheid se hervormingsagenda goed te keur deur die vooruitsig vir Suid-Afrika se gradering van stabiel na positief te verhoog. Die gradering kan opgradeer word indien staatsfinansies vinniger verbeter as wat verwag word.

GAUTENG:

# Beeld:

Berig die mynskag buite Stilfontein in Noordwes waar zama-zamas skuil om hul arrestasie te probeer vryspring, is te gevaarlik vir die polisie om binne te gaan. Die polisie gaan nou die zama-zamas uitdwing deur kos en water af te sny.

En tweedens skyf die koerant duisende mense het gister aan die Virgin Active Ride Joburg-fietswedren deelgeneem.

# The Star & Pretoria News:

Skryf ‘n spesiale reddingspan sal help om die zama-zamas in Stilfontein na die oppervlak te bring.

En berig taxi-fondse is na bewering gebruik om te betaal vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa.

# En Sowetan:

Berig die polisie het ‘n gevangene op parool vir moord, Teboho Motse, vasgetrek terwyl hy homself as prokureur voorgedoen het. Hy was besig om regsraad by ‘n polisiestasie te gee toe hy gearresteer is.

VRYSTAAT:

# Volksblad in Bloemfontein:

Berig die Menseregtekommissie steun die verwydering en verbod van die ou landsvlag op sosiale media. Facebook se moedermaatskappy, Meta, hanteer die kwessie aangesien die vlag gesien word as ‘n simbool van haat.

En tweedens skryf die koerant oor Bok-afrigter Rassie Erasmus se lof aan Cheslin Kolbe ná die Bokke se oorwinning oor Engeland.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Lei ook met die vlag-kwessie,

en skryf tweedens oor die Bokke se oorwinning.

# En Cape Times:

Skryf daar heers kommer oor die spertyd wat Ramaphosa gestel het vir die registrasie van spazawinkels.

En berig oor die Hizbollah-mediawoordvoerder wat dood is in ‘n Israelse lugaanval in Beirut.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig die DA het ‘n mosie van wantroue ingestel teen die voormalige Nelson Mandelabaai-burgemeester, Gary van Niekerk. Hy dien tans as onderburgemeester.

En tweedens skryf die koerant tientalle beleggers het duisende rand verloor in ‘n beweerde piramideskema van ‘n bekende nar wat beloof het om hul geld te verdubbel.

KWAZULU-NATAL:

# Daily News in Durban:

Skryf buitelandse winkeleienaars leef in vrees nadat hulle meegedeel is dat hulle hul winkels moet sluit en padgee.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig 30 maande se harde werk lê voor om die biomassakragaanleg van 2,64-miljard-rand buite Tsumeb te bou.

Dan skryf die koerant die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie sê die regering se toelaagprogram is nie ’n ware universele basiese inkomstetoelaag nie, maar eerder ’n verkiesingsfoefie.

En laastens is daar nuus oor die 18-jarige Marelee Ferreira se veelsydige talente wat haar laat uitblink in vanjaar se ATKV-Digitoneel waar sy as die wenner aangewys is.