Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 November 2024:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig die Appèlhof het beslis die Waardasie-appèlraad van die Ehlanzeni-distrik in Mpumalanga het fouteer deur deskundige getuienis te ignoreer in die langdurige waardasiegeskil met die Nkomazi Plaaslike Munisipaliteit oor Johann Rupert se Leopard Creek-gholfbaan.

# En Mail & Guardian op Vrydae:

Skryf oor alles wat verkeerd geloop het by Prasa. Die koerant berig roekelose nalatigheid het miljarde aan infrastruktuurskade gekos.

GAUTENG:

# Beeld:

Berig ‘n groep betogende Mosambiekers het teen gistermiddag laat veroorsaak dat die Lebombo-grenspos by Komatipoort in Mpumalanga steeds gesluit bly nadat dit vroeër vir ‘n kort rukke oopgestel is.

Dan skryf die koerant die liggaam van ’n onwettige mynwerker is gister uit ’n ongebruikte mynskag van die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Volgens onbevestigde gerugte is daar tans meer as vier-duisend zama-zamas ondergronds by skag 11 van die myn.

En laastens is daar nuus oor ‘n reuse-krokodil van 3,57-meter wat op die hokkieveld van die Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal haar verskyning gemaak het.

# The Star & Pretoria News:

Skryf nog 50 kinders het na bewering voedselvergiftiging opgedoen.

En berig ook oor die mynwerkers by die Stilfontein-myn.

# Sowetan:

Berig oor ‘n verpleegster wat na bewering deur ‘n fop-dokter oortuig is om 206-duisend-rand in ‘n apteek te belê wat nooit bestaan het nie.

# En The Citizen:

Skryf daar word tans meer mense in Suid-Afrika doodgeskiet as wat in motorongelukke omkom. Kenners meen daar moet baie strenger beheer uitgevoer word op vuurwapens.

VRYSTAAT:

# Volksblad in Bloemfontein:

Berig oor die begrafnisdiens van die 15-jarige Brandon Taylor van die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein wat dood is ná ‘n eplileptiese toeval.

En tweedens berig die koerant oor die moordsaak van Sharon Caroline Fisher-Meyer van Kroonstad. Die hof het gister gehoor hoe haar dogter Tarysha Fisher haar ma na bewering met ‘n kamerjasgordel verwurg het.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig ‘n sakeman van Wellington, Delamarque du Toit het ‘n kaper doodgeskiet en is self gewond in ‘n skietgeveg met twee mans wat sy voertuig wou kaap. Die voorval het in die New Rest-woongebied gebeur.

En tweedens berig die koerant ook oor die Hoërskool Ben Viljoen se krokodil

# En Cape Times:

Skryf sitrusboere is bekommer oor hoë Amerikaanse invoertariewe.

En berig oor Bafana Bafana wat deurgedring het na die eindstryd van Afcon.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig Nelson Mandelabaai se waarnemende stadsbestuurder, Mandla George, moet volgens ‘n besluit skikkingsonderhandelinge begin met die geskorste stadsbestuurder, Noxolo Nqwazi.

En tweedens skryf die koerant pasiënte by die Dora Nginza-hospitaal in Gqeberha moet tot 24 uur wag op ‘n bed terwyl ‘n onwettige staking by die hospitaal voortduur.

KWAZULU-NATAL:

# Daily News in Durban:

Skryf die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli sê sy regering sal die fokus op spaza-winkels en ongedokumenteerde buitelandse winkeleienaars verskerp te midde van nog drie vermeende voedselvergiftigingsterftes.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig met talle wat dit as ’n oefenlopie vir die komende nasionale verkiesing beskou, het die Verkiesingskommissie die spesiale stemmery wat afgehandel is as ’n sukses beskryf.

Dan word berig ‘n 54-jarige man is gister in die Hoërhof in Windhoek tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy dogter.

En laastens is daar nuus oor Jona Levin, ‘n gesoute sjef wat vir al die Namibiese staatshoofde gekook het.