Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 Oktober 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig ‘n hofuitspraak wat Transnet se beoogde transaksie van 11-miljard-rand met ‘n Filippynse groep vir die bestuur van die haweterminale in Durban verhoed, is ‘n reuseterugslag vir president Cyril Ramaphosa se plan om staatsondernemings te laat herleef.
GAUTENG:
# Beeld:
Staan sy hele voorblad af aan die verkiesing van Nasiphi Moya van ActionSA as burgemeester van Tshwane. Die DA het hom in reaksie amptelik aan gesprekke met die ANC oor ’n stabiliteitsooreenkoms in ander metro’s onttrek.
# The Star & Pretoria News:
Skryf lede van die gemeenskap het op spaza-winkels toegesak en geplunder ná die dood van vyf kinders wat na bewering vergiftig is deur kos wat hulle in Naledi gekoop het.
En tweedens berig die koerant die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane gaan nie ‘n uitbetaling van 10-miljoen-rand ontvang nie.
# Sowetan:
Berig die beskuldigde in die Lusikisiki-slagting, Sipho Soxolo Myeketho is reeds in 1996 lewenslank gevonnis vir moord voordat hy in Julie verlede jaar op parool geplaas is.
# En The Citizen:
Skryf die 12-jarige Sibusiso Mbata skryf in sy selfdoodbrief aan sy ma hy sal haar in die hemel sien. Dit volg nadat ‘n onderwyser vir hom gesê het hy moet sy gay lewenswyse in die township los.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys, Joy Maimela sê die straf vir die vier leerders van Upington wat die K-woord op sosiale media gebruik het, is te lig.
En tweedens skryf die koerant ‘n werknemer by ‘n winkel in Kathu, Mohammed Ferazi is oorrompel en doodgeslaan voordat die winkel geplunder is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die DA se onttrekking aan gesprekke met die ANC oor ’n stabiliteitsooreenkoms.
Dan skryf die koerant ‘n geldinsamelingsveldtog is van stapel gestuur om die liggaam van die 21-jarige Luke Smith na Suid-Afrika terug te bring. Hy is dood ná ‘n aanranding in Nieu-Seeland.
En laastens is daar nuus oor ‘n dooie orka wat op die strand by St Helenabaai gevind is.
# En Cape Times:
Skryf ook die vermeende Lusikisiki-moordenaar was op parool.
En berig oor Nasiphi Moya se planne vir Tshwane.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ‘n groep wat wil hê dat hul status as militêre veterane erken word, het die ANC se hoofkwartier in Nelson Mandelabaai opgekommandeer.
En skryf ‘n gesin van KwaZakhele wie se huis deur ‘n omgevalle munisipale paal beskadig is en byna twee maande in ‘n gastehuis gehuisves is, moet nou die rekening betaal.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die stad eThekwini het maatreëls ingestel om dienslewering te verbeter.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n vrou beweer mediese personeel ’n gebreekte naald in haar baarmoeder agtergelaat het ná ’n operasie.
Tweedens skryf die koerant die ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme wil strenger regulasies vir die uitvoer van renosters instel.
En laastens is daar nuus oor Namib Mills wat bevestig het sy produk, Top Score-kitspap, is veilig vir menslike verbruik.