Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 November 2023:
Maroela Media:
Skryf die Gautengse premier, Panyaza Lesufi het om verskoning gevra vir sy opmerking teenoor ‘n ANC-minister dat sy dae getel is omdat die provinsiale misdaadbekampers nie erken word nie,
dan word berig Eskom het opnuut fases 2 en 3-beurtkrag ingestel,
en laastens skryf die blad oor die skade wat in Johannesburg en omliggende gebiede aangerig is deur ‘n reuse-haelstorm.
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oor die verbeterde werkloosheidsyfer. Die koerant skryf die markte het die swak ekonomiese toestande afgeskud en meer weksgeleenthede geskep.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die Stad Tshwane het ingegryp om sy Metropolisie reg te ruk met die aanstelling van ‘n nuwe hoof. Yolande Faro het verlede maand die bestuur oorgeneem en die departement se topbestuur gaan ook vervang word.
En tweedens skryf die koerant oor Natasja de Groote en haar seun Ivan wat ook aangeval is toe hulle ‘n elektroniese koptoestel deur Facebook wou koop. Die voorval het in dieselfde omgewing plaasgevind waar Jaco Basson doodgeskiet is.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor die hewige haelstorm wat Johannesburg getref het en publiseer verskeie foto’s van die skade wat aangerig is.
# Sowetan:
Berig die Gautengse premier, Panyaza Lesufi se misdaadbevegters se angel is uitgetrek en hule sal voortaan net ‘n ondersteunsrol speel vir die polisie.
# En The Citizen:
Skryf die versekeringseise stroom in ná die hewige haelstorm in Johannesburg en Mpumalanga.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Greecy het erken dat daar ‘n probleem bestaan met rioolvuil wat in die Gariepdam uitloop, maar sê dis nie haar departement se probleem nie.
Tweedens kryf die koerant oor die 73-jarige Beverley-Ann Shahia wat uit die Welkom Retirement Village gesit is en nou sonder heenkome sit.
En laastens is daar nuus oor die worshondjie, Seuntjie van advokaat Colin Steyn wat uit ‘n gat op hul plaas Onze Rust gered is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ‘n 20-jarige vroulike student is ernstig beseer toe sy onder ‘n pantservoertuig van die polisie beland het tydens die Springbokke se trofeetoer in Oos-Londen. Vyf ander mense is ook in die voorval beseer.
En tweedens skryf die koerant polisiereserviste met met 90-persent afgeneem onder die minister van Polisie, Bheki Cele se bewind.
# En Cape Times:
Skryf meer as ‘n 100 polisiebeamptes het hul lewensmaats die afgelope drie jaar aangeval in voorvalle van geslagsgeweld.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die jongste planne vir Transnet se Ngqura-mangaanuitvoerterminaal is allerweë verwelkom aangesien bedrywighede binnenshuis sal plaasvind en dit lugbesoedeling sal bekamp.
En tweedens skryf die koerant die liggaam van ‘n inwoner van Nelson Mandelabaai is in sy huis aangetref waar hy vermoedelik met ‘n sker doodgesteek is.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf daar is 59 klinieke en hospitale in KwaZulu-Natal wat waterprobleme ervaar. Die opposisie het die provinsiale regering veroordeel omdat geen instandhouding gedoen word nie.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die 44 NG Kerk-gemeentes in Namibië sal teen Maart 2025 finaal moet besluit of hulle die sinode van Namibiese NG-gemeentes ondersteun om die algemene sinode van die NG Kerk te verlaat.
En tweedens skryf die koerant die Namibiese regering sukkel om die voorwaardes vir mynlisensies en omgewingsklarings te monitor en uit te voer. Die ministerie van Myne en Energie se beamptes is onder druk om groot lisensiegebiede te besoek.