Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Augustus 2024:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig meer as 90-persent van Glencore se aandeelhouers het die maatskappy se planne verwerp om sy steenkool- en koolstofstaal-onderneming te ontbondel. Hulle wil hê hy moet die winste uit steenkool gebruik om sy billike oorgangsplanne finansier en die oortollige fondse aan aandeelhouers terugbetaal.

# En die weeklikse Mail & Guardian:

Berig oor Suid-Afrika se kernkragkwessie. Die koerant skryf die land moet besin oor die Russiese betrokkenheid. Is dit werklik slegs ‘n geleentheid vir goedkoop, skoon energie?

GAUTENG:

# Beeld:

Berig die oud-Springbok-stut Jannie du Plessis se vrou, Ronel en kinders is deur drie mans in hul huis in Krugersdorp oorval. Jannie was nie tuis nie en sy vrou is aangerand. Du Plessis sê hy verstaan nou vir die eerste keer waarom mense nie langer in Suid-Afrika wil bly nie.

Dan skryf die koerant tot 40 dooie visse word nou daagliks uit die Jukskeirivier en damme in die omgewing van Waterfall in Midrand verwyder. Die water hou ‘n gevaar in vir mense se gesondheid.

En laastens sê die Bulle se afrigter, Jake White hy het kort ná sy aankoms by Loftus Versfeld reeds besef Elrigh Louw is bestem vir groot rugby.

# The Star en Pretoria News:

Skryf die Lughawemaatskappy het Nedbank in sy visier oor beweerde bedrieglike staatskapingstransaksies

En berig die omstrede pastoor Mboro en sy sekerheidswagte bly vir eers in aanhouding ná die gewelddadige voorval by ‘n skool in Ekurhuleni.

# Sowetan:

Berig die uitvoerende hoof van Drip-skoene, Lekau Sehoana het na bewering die Gautengse LUR vir Finansies, Lebogang Maile genader vir hulp met sy finansiële probleme.

# En The Citizen:

Skryf daar is vrae oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens se wettige bedryf van ‘n openbare lugdiens.

VRYSTAAT:

# Volksblad in Bloemfontein:

Berig ‘n bekende boer van Ficksburg, Morgan Barrett sal vandag weer in die plaaslike Landdroshof verskyn oor die dood van ‘n vermeende veedief. Barrett en drie van sy sekerheidswagte is in hegtenis geneem.

En tweedens berig die koerant ook oor die Du Plessis-rooftog.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig die Nasionale Vervolgingsgesag is besig met optrede om beslag te lê op nagenoeg 53-miljoen-rand van die voormalige Bosasa se bates. Dit sluit huise, plase en selfs woonstelle in Italië in.

Dan skryf die koerant ook oor die rooftog by Jannie du Plessis se huis.

En laastens is daar nuus oor die tennis-ikoon Roger Federer. Hy is deur sy Suid-Afrikaanse ma, Lynette vêrlangs familie van die Voortrekker-leier Sarel Cilliers.

# En Cape Times:

Skryf ook oor Nedbank se beweerde staatskapingsdilemma.

En berig Binnelandse Sake sê hy beskik oor prima facie bewys dat die Mej SA deelnemer, Chidimma Adetshina se ma moontlik identiteitsdiefstal gepleeg het.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig Nelson Mandelabaai se belastingbetalers het meer as 800-duisend-rand opgedok vir vyf amptenare se reis na Florida in die VSA om beleggers te lok.

En skryf tweedens, die stigter van Ground Working Collective,  Mbali Ntuli sê die regering van nasionale eenheid sal misluk sodra die uitwerking van die ministeriële byvoordele verby is.

KWAZULU-NATAL:

# Daily News in Durban:

Skryf oor ‘n moontlike transaksie om die suikerreus Tongaat Hulett te red.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig Namibië se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die land se natuurlike hulpbronne behoort van nature en grondwetlik aan die land se mense.

Dan is daar nuus oor ‘n vrou wie se Namibiese paspoort nie hernu mag word nie. Sê sy voel soos ‘n onwettige immigrant in haar geboorteland.

En laastens skryf die koerant uit die 107 leerders van Tsumeb Gimnasium se hoërskoolklasse het 49 vandeesweek tuis aangesterk met griepsimptome. Dit is 45-persent van die skool se leerders.

(Die volgende uitgawe van Koerantverslag verskyn Maandag 12 Augustus.)