Nuus 18:00
BULLETIN 4 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die staat gaan ‘n bykomende beskuldigde voeg by Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak
# Saftu sê die Corruption Watch-verslag ontbloot diepgewortelde korrupsie
# En, rugby: Die Springbok-vrouesewes glo hulle kan steeds die top-agt haal
# Die Nasionale Vervolgingsgesag beplan om nog ‘n beskuldigde te voeg by die korrupsiesaak teen die voormalige speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Sy het na haar bedanking in die Landdroshof in Pretoria verskyn waar sy vrygelaat is op borgtog van 50-duisend-rand. Sy word beskuldig van die ontvang van meer as twee-miljoen-rand se omkoopgeld toe sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Die saak is uitgestel tot 4 Junie. Staatsaanklaer Bheki Manyathi sê hulle sal nie Mapisa-Nqakula in die land beperk nie, maar sy moet teen Maandag haar paspoort inhandig:
Die vakbondfederasie Saftu sê intussen die groeiende korrupsiekrisis in Suid-Afrika veroorsaak diepe kommer, soos uitgespel in die onlangse Korrupsie-aanwyser. Corruption Watch se jongste bevindings het onthul korrupsie het twaalf jaar lank hoog gebly, met meer as twee-duisend klagtes in sektore soos mynbou, wetstoepassing en die sakewêreld verlede jaar. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê van onwettige mynbou tot omkopery in wetstoepassing, bedreig korrupsie se wydverspreide aard maatskaplik-ekonomiese bestendigheid. Hy vra dringende optrede om openbare vertroue te herstel:
# Die minister van Arbeid, Thulas Nxesi, het die Werkloosheidsversekeringsfonds se arbeids-aktiveringsprogram van 23,8-miljard-rand, Opleiding vir Indiensneming- en Entrepreneurskap, van stapel gestuur. Die samewerking met die privaat sektor mik na die verbetering van indiensnemings-gereedheid en die aanmoedig van entrepreneurskap. Nxesi sê die fonds speel ‘n belangrike rol en befonds arbeids-aktiveringsprogramme deur werkgewer- en werknemerbydraes. Die program teiken bydraers sowel as en nie-bydraers en duur tussen twaalf en 36-maande. Hy sê die fonds sal beleggings herwin deur bydraes en beleggingsopbrengste.
# Rugby: Die Springbok-vrouesewesspan is in ‘n moeilike groep in die naweek se wêreldreekstoernooi in Hongkong, en speel teen Ierland, Fidji en Australië. Hulle is tans in die tiende plek op die punteleer na vyf toernooie. Die hoofafrigter, Renfred Dazel, sê sy spelers weet hoe moeilik die uitdagings in Hongkong is, maar hulle selfvertroue het toegeneem na hulle sesde klaargemaak het in Los Angeles. Hy sê hulle glo hulle kan steeds die top-agt haal om outomaties te kwalifiseer vir die volgende seisoen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-30-sent teen die euro en 23-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-444-dollar-35-sent. Die prys van goud is twee-duisend-287-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-28-sent per vat.
# En ten slotte: Die eerste man wat ‘n geneties gemodifiseerde nier van ‘n vark ontvang het, is uit die hospitaal ontslaan. Die 62-jarige Richard Slayman van Weymouth is huis toe gestuur twee weke na die baanbreker operasie in ‘n hospitaal in Massachusetts. Orgaanoorplantings van geneties gemodifiseerde varke het in die verlede misluk. Die sukses van hierdie prosedure is egter deur wetenskaplikes bestempel as ‘n geskiedkundige mylpaal. Slayman het gesukkel met ernstige niersiekte, maar na die oorplanting benodig hy nie meer dialise nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….