Nuus 18:00
BULLETIN 26 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verwelkom die VN-Veiligheidsraad se resolusie vir ‘n skietstilstand in Gaza
# Politieke partye se nakoming van die inligtingswette word ondersoek
# En, rugby: Die Stormers verander hulle leierskapstruktuur ná Red Disa se oorname
# President Cyril Ramaphosa het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad se aanvaarding van Resolusie 2728 verwelkom, wat ‘n onmiddellike wapenstilstand in die Gaza-strook vereis tydens die heilige maand van Ramadan. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hierdie besluit is ‘n belangrike stap in die rigting om ‘n stewige grondslag te skep vir ‘n permanente wapenstilstand sowel as die hervatting van onderhandelings:
# Die Inligtingsreguleerder ondersoek tans politieke partye vir die nakoming van inligtingswette. Die reguleerder het 13 partye wat in die Parlement verteenwoordig is en een nie-verteenwoordigde party op nasionale vlak beoordeel. Die voorsitter van die reguleerder, Pansy Tlakula, het die media oor hoëprofielondersoeke ingelig en bekendgemaak ongeveer 54-persent van die partye in die Parlement voldoen oor die algemeen nie aan inligtingswette nie, terwyl 46-persent tot ‘n mate voldoen, maar verbetering nodig het. Tlakula sê deurlopende moniterings- en afdwingings-optrede sal ingestel word om nakoming te verbeter:
# Ses vissers is veilig en ongedeerd gevind nadat hulle sedert die naweek buite Kaapstad vermis is. Die NSRI sê bemanningslede van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se patrollievaartuig, die Ellen Khuzwayo, het hulle naby Kaappunt opgespoor ná ‘n groot soektog van meer as 80-seemyl. Hulle verkeer glo in goeie gesondheid en is nie beseer nie. ‘n NSRI-reddingstuig is vanaf Simonstad ontplooi om die mans na die hawe te begelei. Die vissers het Saterdag op hul opblaasboot uitgegaan.
# Rugby: Die Stormers het hul leierskapstruktuur verander, met die afrigter John Dobson wat as direkteur van rugby aangestel is, en Johan le Roux as uitvoerende hoof. Die volg op die Red Disa-konsortium se onlangse verkryging van die beherende belang in Westelike Provinsie Rugby. Le Roux is ‘n groot rolspeler binne die konsortium. Hy sal bygestaan word deur die ervare administrateur, Rob Wagner, wat tydelik met die bedryfsaspekte van die onderneming sal help. Le Roux sê die Stormers het die potensiaal om ‘n wêreldleier te word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-903-dollar-94-sent. Die prys van goud is twee-duisend-182-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-72-sent per vat.
# En, laastens: Die Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers bestendig te hou, veroorsaak verbruikers se worsteling met leningskoste van byna 40-persent hoër is as in 2020. Geen koersverlagings word tot die derde kwartaal verwag nie en Ayanda Ndimande van Sanlam het verbruikers aangeraai om die uitwerking van die terugkoopkoers in ag te neem op die bekostigbaarheid van skuld. Leningspremies oor die afgelope vier-jaar het tot onverwagte vlakke gestyg, wat die behoefte aan ‘n deeglike begroting aanspoor. Ndimande sê deposito’s moet oorweeg word om skuld doeltreffend te bestuur. Ekonome verwag ‘n geleidelike verligting later vanjaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….