Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Noodlottige skietvoorval vind plaas in Winnie Mandela-rylaan
# ‘n Bestuurder is ongedeerd nadat ‘n dieseltenkwa in Durban ontplof het
# En, rugby: Die Haaie maak net een verandering vir die kragmeting met die Bulle
# Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n noodlottige skietvoorval in Winnie Mandela-rylaan aangemeld. Die motief is steeds onbekend. Woordvoerder Xolani Fihla sê motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik aangesien die omgewing steeds ‘n misdaadtoneel is:
# Niemand is beseer nie toe ‘n dieseltenkwa op die N3-hoofweg in Durban ontplof het. Die bestuurder het stilgehou en weggehardloop toe die vragmotor aan die brand slaan. Dik pluime rook het uit die tenkwa geborrel voor dit ontplof het. Een baan van die dubbelpad is geraak, maar is ʼn paar uur later weer oopgestel. ʼn Woordvoerder van die Padverkeersinligtingsentrum, Sindi KaNgidi Msimang, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Sy maan pendelaars om op hulle hoede te wees in die omgewing.
# Die DA kritiseer die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling se miskenning van die Kinder-wysigingswetsontwerp, ondanks die erkenning van bestaande skuiwergate. ANC-lede het ‘n gebrek aan hersiening van openbare kommentaar genoem, met die DA wat ‘n uitgestelde stemming vir die nuwe termyn voorgestel het. Bridget Masango van die party sê die ANC se weiering beteken daar is risiko’s vir ongereguleerde mikro-gedeeltelike versorgingshuise. Sy sê die DA gee om vir kinderbeskerming en beloof om die wetsontwerp ná volgende jaar se verkiesing weer in te dien, wat die ANC se trots bo die veiligheid van kinders blootlê:
# Die openbaarmakingsverslag vir die tweede kwartaal van die Onafhanklike Verkiesingskommissie onthul ondertussen dat ses politieke partye skenkings van meer as 41-miljoen-rand verklaar het. Die partye is ActionSA, ANC, DA, Inkatha-Vryheidsparty, Patriotic Alliance en die Vryheidsfront Plus. Die grootste ontvanger is die DA met nagenoeg 36-miljoen-rand. Die ANC is gevra om die laat verklaring van skenkings, wat in Januarie en April ontvang is, te verduidelik. Die OVK het ‘n beroep gedoen vir ondersteuning vir die veelparty-demokrasiefonds om deursigtige befondsing voor die verkiesing volgende jaar te verseker.
# Rugby: Die Haaie wil momentum behou in die Verenigde Rugbykampioenskap wanneer hulle die naweek in Pretoria met die Bulle kragte meet. Die Durbanse span het net een verandering aan hulle span aangebring, met Aphiwe Dyantyi wat in Werner Kok se plek vleuel speel. Kok het las van ʼn dyspier. Die Wêreldbeker-wenners Ox Nché en Grant Williams is op die bank ingesluit. Afskop op Loftus is Saterdagmiddag 3-uur.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-716-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-39-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….