Follow Us
Sokker: Liverpool se Ligabeker-wedstryd teen Arsenal uitgestel weens erge uitbreking van Covid-19
Wed 5th Jan 2022
Judges Matter veroordeel vandalisering van Konstitusionele Hof
Wed 5th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 5 Januarie 6 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Mzwanele Manyi ontken hy het staatskaping bevorder as bestuurshoof van die Regerings-kommunikasie-en-inligtingstelsel
# Familielede van die vermeende brandstigter by die Parlement vra vir geregtigheid
# En in tennis: Spanje en Pole dring deur na die halfeind van ATP-bekertoernooi

# Die woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, het ontken hy het staatskaping bevorder tydens die tydperk wat hy die bestuurshoof van die Regerings-kommunikasie-en-inligtingstelsel was. Manyi is in deel een van die staatskapingsverslag betrek vir sy rol daarin om advertensies ter waarde van miljoene rand aan die Guptas se koerant, The New Age, uit te deel. Die verslag het ook bevind die omstandighede rondom sy oorplasing na die GCIS, ná hy deur die Departement van Arbeid geskors is, was ook verdag:

Speel klankgreep: ENG-MzwaneleManyi

# Zandile Mafe se familie sê hulle sal alles nodig doen om sy onskuld te bewys, nadat hy van brandstigting aangekla is na die brand by die Parlement. Mafe se broer, Alfred Matiwane, beskyf hom as ‘n teruggetrokke persoon wat nie gewelddadig is nie. Mafe se ander broer, Zamile Matiwane, sê die familie wil antwoorde en duidelikheid hê oor wat gebeur het en hoekom hulle broer vir die brand by die Nasionale Vergadering in hegtenis geneem is. Mafe se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, sê sy kliënt word onregverdig beskuldig:

Speel klankgreep: ENG Luvuyo Godla

# Skeepsnasporingsdata wat deur Bloomberg saamgestel is, toon die Amazon Warrior wat gehuur is om seismiese opnames aan die Wildekus van die Oos-Kaap te doen, is op koers terug na Die Kaap van Goeie Hoop, nadat Shell sy hofsaak verloor het. Volgens die verslag sal die vaartuig Las Palmas in die Kanariese Eilande op 18 Januarie bereik. Die Hooggeregshof in Makhanda het op 28 Desember verlede jaar ‘n dringende interdik toegestaan, ingevolge waarvan verdere seismiese opnames verbied is, omdat dit die grondwetlike regte van die gemeenskappe wat geraak word, skend.

# Tennis: Die Spanjaard Roberto Bautista Agut het Serwië se Dusan Lajovic geklop, en Spanje se plek in die ATP Bekertoernooi-half-eind-rondte in Sydney verseker. Spanje en Pole sal mekaar die stryd aansê, nadat die wêreld se nommer nege-speler,  Hubert Hurkacz, die Argentyn, Diego Schwartzman geklop het. Die wenner in die stryd môre tussen Rusland en Italië sal ook na die halfeind deurdring. Die uitslag van Groep C gaan meer ingewikkeld wees, met Brittanje, Kanada, Duitsland en die VSA, wat steeds kan aanspraak maak op ‘n plek in die half-eind.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-80-sent teen die dollar, 17-rand-91-sent teen die euro en 21-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-445-dollar-30-sent. Die prys van goud is een duisend-826-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-7-sent per vat.

# En ten slotte: In die geval van ‘n egskeiding, wie hou die familie se kat of hond? AFP berig ‘n nuwe wet wat troeteldiere vir die eerste keer erken as “lewende, gewaarwordende wesens” en nie net blote objekte nie, het vandag in Spanje in werking getree. Gesinshowe moet die dier se welstand en die familie se behoeftes oorweeg wanneer besluit word wie na die hond, kat, goudvis, skilpad of voël gaan kyk. Spanje is die nuutste Europese land wat diere as gewaarwordende wesens erken en sluit aan by ‘n groep wat Frankryk, Duitsland, Switserland, Oostenryk en Portugal insluit.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away