Follow Us
Eastern Cape police seek assistance as the search continues for missing Richmond Hill woman
Mon 3rd Jan 2022
Meer as 400 dronk bestuurders is oor die feestyd op die Oos-Kaap se paaie gearresteer
Mon 3rd Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 3 Januarie 6 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die dak van die Nasionale Vergadering in Kaapstad is weer aan die brand
# Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê alles wat betref die brand by die Parlementsgeboue, is nie pluis nie
# En in krieket: Suid-Afrika boul Indië uit vir 202 op die eerste dag van die tweede Toets

# Meer brandbestryders is weer na die Parlement gestuur nadat dik rook uit die dak van die Nasionale Vergadering begin borrel het. Vroeër vandag het die owerhede gesê die brand is onder beheer en die ondersoek na die oorsaak het reeds begin.

Intussen sê die Speaker van die Nasionale Vergadering in die Parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, alles wat betref die brand by die Parlementsgeboue in Kaapstad, is nie pluis nie. Die media is deur voorsittende beamptes ingelig oor die jongste verwikkelinge rakende die verwoestende brand. Mapisa-Nqakula meen dis onverstaanbaar hoe die brand tot in die raadsale gevorder het:

Speel klankgreep: ENG-NosiviweMapisa

# Gauteng se verkeerspolisie het motoriste en passasiers ernstig gemaan om te alle tye veiligheidsgordels te dra met die verkeersdrukte wat besig is om toe te neem. ‘n Woordvoerder, Sello Maremane, het motoriste ook gevra om versigtigheid aan die dag te lê en alle padreëls en regulasies te gehoorsaam:

Speel klankgreep: ENGSelloMaremane

# Bo-gemiddelde reënval word volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se seisoenale voorspelling vir die volgende vyf maande, van nou af tot aan die einde van Maart verwag oor die grootste deel van die land. ‘n Voorspeller sê boere landwyd, kan ook bo-normale minimum-temperature vir Februarie, Maart en April verwag. Dit sluit nie die suidwestelike dele in nie waar laer temperature as die gewone minimums verwag word.

# Duitsland het die Europese Unie se plan om sommige natuurlike gas-energieprojekte as ‘groen’ beleggings te beskryf, verwelkom. Die land het egter sy teenkanting teen ‘n voorstel om dieselfde met kernkragprojekte te doen, beklemtoon. Volgens Reuters het Duitsland Vrydag drie van sy laaste ses kernkragstasies gesluit. Oostenryk en Luxemburg is ook gekant teen kernkrag, maar EU-state soos die Tsjeggiese Republiek, Finland en Frankryk beskou kernkrag as deurslaggewend in die uitfasering van steenkool-gedrewe krag wat verantwoordelik is vir koolstofuitlatings.

# Krieket: Die Suid-Afrikaanse boulers, Marco Jansen, Kagiso Rabada en Duanne Olivier, was die sterre van die eerste dag van die tweede Toets teen Indië op die Wanderers. Hulle het Indië, wat moet klaarkom sonder hul ster-kolwer, Virat Kohli, vir 202 lopies uitgeboul. Jansen het vier paaltjies vir 31 lopies gevat, terwyl Rabada en Olivier elk drie paaltjies platgetrek het. Ravichandran Ashwin het die meeste lopies vir die besoekers aangeteken met 46 lopies van net 50 balle. Die Proteas het Aiden Markram se paaltjie vroeg verloor met die telling op net 14. Hy is deur Mohammed Shami been-voor-paaltjie betrap, vir 7 lopies.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-87-sent teen die dollar, 17-rand-96-sent teen die euro en 21-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-834-dollar-80-sent. Die prys van goud is een duisend-806-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-93-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away