Follow Us
CWDM fire services respond to another fire at Dwarsberg Mountain [SOUND]
Tue 18th Jan 2022
SADTU threatens to bar all its members from continuing teaching at a Giyani school
Tue 18th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 5 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Noordwes-inwoners langs die Vaalrivier begin om hul huise te ontruim weens stygende watervlakke
# Minstens tien mense sterf in kitsvloede weens stortreën in die hoofstad van Madagaskar
# En in rugby: Werner Kruger sluit by die Bulle aan as voorry-konsultant

# Inwoners van Bloemhof en Christiana in Noordwes, wat langs die Vaalrivier woon, het begin om hul huise te ontruim. Dit volg op aanhoudende reën in die opvanggebied van die rivier wat daartoe gelei het dat die vlak van die Vaaldam steeds styg. Die burgemeester van die Lekwa-Teemane plaaslike munisipaliteit, Sebang Mothlabi, sê die watervlakke onderkant die dam, styg teen ‘n kommerwekkende tempo:

Speel klankgreep: ENG NWEvacuation

Intussen het die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, Suid-Afrikaners gevra om versigtigheid aan die dag te lê omdat die reënweer gevaarlike toestande meebring. Sy sê rampbestuurspanne is regdeur die land ontplooi om gemeenskappe by te staan wat deur swaar neerslae geraak word. Sy het bygevoeg owerhede hou die situasie ook dop om bystand aan gemeenskappe te lewer.

Terselfdertyd meen geoloë en weerkundiges klimaatverandering was ‘n groot bydraende faktor tot die onlangse gure weerstoestande in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Volgens die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se jongste nasionale statistiek, het agt mense in die Oos-Kaap verdrink weens swaar stormreën. Die geoloog, Gideon Groenewald, sê Suid-Afrikaners moet hulle gereed maak vir ‘n koue en nat jaar:

Speel klankgreep: ENG Geologist

En dis nie net in Suid-Afrika waar mense deurloop onder vloedwater nie. Minstens 10 mense is dood weens stortreën wat oornag kitsvloede in Madagaskar se hoofstad, Antananarivo, veroorsaak het. Die nuusagentskap AFP berig die vloede het grondverskuiwings teweegbring en huise laat ineenstort. Sowat 20 distrikte is op ‘n rooi waarskuwing, en staar ‘n dreigende gevaar van oorstromings in die gesig.

# Rugby: Die Bulle sê hulle is opgewonde oor die voormalige stut, Werner Kruger, wat by hulle aansluit as afrigtingskonsultant. Die 36-jarige oud-Springbok was tot en met sy uittrede uit rugby verlede jaar, een van die mees ervare vaskopstutte. Hy het meer as 100 keer vir die Bulle in Super Rugby en in die Curriebeker uitgedraf, voor hy nog ‘n honderdtal bereik het by die Walliese klub, Scarlets. Direkteur van Rugby, Jake White, sê hy sal onmiddellik met die Bulle se voorry begin werk.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-40-sent teen die dollar, 17-rand-53-sent teen die euro en 20-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-493-dollar-20-sent. Die prys van goud is een duisend-817-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-69-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away