Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# OPOD ondersoek gevalle waar die polisie op vermeende misdadigers skiet
# Die DA sê die ANC moet die skuld kry vir die afleggings by die Poskantoor
# En, sokker: Desiree Ellis is vol vertroue voor Banyana se wedstryd teen die Super Falcons in ‘n deurslaggewende 2024 Olimpiese kwalifiseerder
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy ondersoek twee voorvalle van sterftes in skietgevegte tussen die polisie en vermeende misdadigers. OPOD het die afgelope twee dae gehoor van nege vermeende misdadigers wat in KwaZulu-Natal doodgeskiet is, en ses in Mpumalanga. Terwyl die polisie volgens wet hulleself en andere mag verdedig, is die polisiewaghond bekommerd oor die dood van ‘n toenemende aantal verdagtes. Die woordvoerder, Phaladi Shuping sê die toename in voorvalle het ‘n uitwerking op die spoed van ondersoeke:
# Die DA sê afleggings by die Poskantoor is die gevolg van die ANC se voortgesette ernstige wanbestuur van staatsinstelling. Naastenby vier-duisend-700 werkers het tot dusver afleggingsbriewe gekry, as deel van die sakereddingsplan. Natasha Mazzone van die DA sê die Poskantoor het sedert 2014 meer as tien-miljard-rand se reddingsboeie van belastingbetalers gekry:
# Israel se Weermag het om verskoning gevra vir dié week se dodelike aanval op hulplenigingwerkers in Gaza, en noem dit ‘n ernstige fout. Twee senior offisiere is ook afgedank. Ses werknemers van World Central Kitchen en hulle Palestynse voertuigbestuurder is in die lugaanval dood. Die Weermag beskryf die voorval as ‘n ernstige mislukking weens wan-uitkenning, en sê die soldate was oortuig hulle het gewapende Hamas-operateurs geteiken. Die uitvoerende hoof van die liefdadigheid, Erin Gore, beskryf die erkenning as skrale troos vir die slagoffers se families en kollegas.
# Sokker: Banyana Banyana speel vanmiddag in Abuja teen die Super Falcons van Nigerië om ‘n plek te verseker op die Olimpiese Spele in Frankryk. Afrigter Desiree Ellis verwag ‘n strawwe kragmeting in hierdie eerste skof teen die sterk Nigeriese span. Suid-Afrika probeer die derde keer vir die Spele kwalifiseer terwyl Nigerië wil vergoed nadat hulle dit sedert 2008 misgeloop het. Ellis sê die span sien uit na ‘n oorwinning:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-66-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-734-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-295-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 91-dollar-10-sent per vat.
# Ten slotte: ‘n Gerespekteerde wiskundige model van MIV/VIGS in Suid-Afrika, die Thembisa-model, toon ‘n beduidende getal mense met MIV ontvang nie behandeling nie. Die jongste statistieke toon 50-duisend sterftes is verlede jaar toegeskryf aan MIV-verwante siektes. Onder die 7,8-miljoen landsburgers wat met die virus saamleef, kry een uit vier nie anti-retrovirale behandeling nie. Net minder as 5,9-miljoen word behandel, met die persentasie behandeling by 75-persent. ‘n Geraamde 237-duisend landsburgers het verlede jaar behandeling vir MIV/VIGS begin, wat dui op vordering om die siekte te bekamp.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….