Nuus 17:00
BULLETIN 27 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Monetêre Beleidskomitee besluit eenparig die terugkoopkoers bly onveranderd op 8,25-persent
# Die ANC is vasberade om sy bevrydingstryd-erfenis te handhaaf
# En, nuus van die Olimpiese Spele: Suid-Afrika het die eerste keer in 16 jaar ‘n stoeier op die Spele
# Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het eenparig besluit die terugkoopkoers bly onveranderd op 8,25-persent, wat die prima-uitleenkoers bestendig hou op 11,75-persent. Die bank se president, Lesetja Kganyago, verwys na volgehoue globale inflasiedruk, met inflasie naby die bank se boonste teikenvlak teen 5,6-persent in Februarie. Hy sê ekonomiese groeivooruitsigte bly gematig weens beperkings aan die verskaffingskant van die ekonomie, soos elektrisiteitstekorte:
# Die ANC sê hy bly vasberade om geregtigheid na te streef en sy geskiedkundige nalatenskap te beskerm, veral met betrekking tot die naam, uMkhonto we Sizwe. Die ANC het ‘n kopieregskendings-aansoek teen die MK-party ingedien by die Hooggeregshof in Durban, nadat die regerende party ‘n hofaansoek verloor het om die MK-party deur die OVK te laat deregistreer. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, voer aan die naam uMkhonto we Sizwe het ‘n noue verbintenis met die ANC en die ongemagtigde gebruik daarvan kan misleiding of verwarring veroorsaak:
# Putco het bevestig een van hulle busse het op die Moloto-pad buite Tshwane aan die brand geslaan, wat passasiers gedwing het om deur die vensters te ontsnap. Woordvoerder Lindokuhle Xulu sê hulle staan die beseerde passasiers by. Die oorsaak van die brand word ondersoek en Putco werk saam met die betrokke owerhede. Xulu sê die maatskappy gee voorkeur aan veiligheid en die voorval sal deeglik aangespreek word.
# Die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, moedig langafstand-vervoeroperateurs aan om deel te neem aan Operasie Exodus vir voertuig-inspeksies voor Paasfees. Smith sê inspeksies by die Joe Gqabi-, Bellville- en die Kaapstadse middestad-vervoerwisselaar wil padveiligheid opskerp. Drie-honderd-27 busse, midi-busse, minibusse en sleepwaens is reeds nagegaan. Smith beklemtoon die stad se verbintenis om tydens die vakansietyd padsterftes te verminder:
# Nuus van die Olimpiese Spele: Suid-Afrika sal die eerste keer in 16 jaar ‘n stoeier op die Spele hê. Steyn de Lange het vir vanjaar se byeenkoms in Parys gekwalifiseer toe hy Mohamed Saadaoui van Tunisië in die 97-kilogram-afdeling verslaan het in Egipte. Hy het in 2021 die bronsmedalje gewen op die Junior-wêreldkampioenskap, en die volgende jaar silwer op die Statebondspele. Die vorige Suid-Afrikaanse stoeier wat meegeding het in die Spele, was Heinrich Barnes in die vryvorm liggewig-afdeling in Beijing in 2008.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-135-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-187-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….