Follow Us
Britse eerste minister kondig moontlike opheffing aan van alle beperkings ‘n maand vroeër as beplan
Wed 9th Feb 2022
News 17:00
Wed 9th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 9 Februarie 5 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die Vryheidsfront Plus sê die ANC neem slagoffers van geslagsgeweld nie ter harte nie
# Raadpleging begin oor die dekriminalisering van sekswerk
# En krieket: Die Titans was te sterk vir die Rocks in die KSA T20-uitdaagwedstryd in die Oos-Kaap

# Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê die provinsiale regering stem saam met veldtogte om vroue en kinders teen misdaad en geslagsgeweld te beskerm, maar ondersteun dit nie. ‘n VF Plus-lid van die wetgewer, Werner Weber, sê die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe het net twee voertuie om slagoffers in vyf dorpe te help. Hy sê hy herinner die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, daaraan sy het verlede jaar in haar provinsiale rede beloof om aandag te gee aan hierdie tekorte:

Speel klankgreep: AFR WernerWeberOORTekorteSAPS

# Die adjunkminister van Justisie, John Jeffery, sê daar moet behoorlik debat gevoer word oor die moontlike dekriminalisering van sekswerk voor ‘n besluit geneem kan word. Hy het vandag begin met ‘n reeks vergaderings met geïnteresseerde partye en belanghebbendes. Jeffery sê dit is belangrik om met belanghebbendes te praat oor die voorgestelde beleidsmoontlikhede, terwyl die betrokke staatsdepartemente en die openbare mening ook in ag geneem moet word oor die gevolge van wysigings aan die wetsraamwerk. Verskeie munisipaliteite het ook verordeninge oor die verwydering of inhegtenisneming van sekswerkers.

# Die Stad Tshwane het Gift of the Givers, NotinMyName, Pretoria Suid se Lions-klub, Shoprite en inwoners bedank wat noodpakkies aan gesinne geskenk het wat deur die oorstromings in Mamelodi-Wes, Gomora, Nellmapius en Sebothoma, geraak is. Die skenkings sluit in matrasse, komberse, babadoeke en kos. Die woordvoerder van die stad, Jordan Griffiths, sê dit sal die goedere vervang wat reeds opgebruik is sedert die tydelike hervestiging van gesinne wat geraak is:

Speel klankgreep: ENGJordanGriffiths

# Krieket: Die Titans het die Boland Rocks met slegs drie lopies geklop in hulle KSA T20-uitdaagwedstryd op St Georgepark in Gqeberha. Die Gautengse span het 158 vir twee behaal, met die Proteas se paaltjiewagter, Quinton de Kock, aan die voorpunt met 72 vanaf slegs 61 balle. Gihan Cloete het 53 aangeteken vanaf 41 balle. Die Rocks is beperk tot 155 vir agt nadat Janneman Malan 45 aangeteken het en Michael Copeland 39. Die nasionale bouler Junior Dala het twee paaltjies platgetrek. Vandag se tweede wedstryd is tussen die Warriors en Westelike Provinsie.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-32-sent teen die dollar, 17-rand-53-sent teen die euro en 20-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 44-duisend-93-dollar-20-sent. Die prys van goud is een duisend-827-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 90-dollar-80-sent per vat.

# Ten slotte: Die organiseerders van ‘n internasionale modevertoning sê hulle sien daarna uit om die naweek gasheer te wees vir ‘n Oos-Kaapse modeontwerper, Thando Piliso, by die gesogte Nook Internasionale Modeskou in Lagos, Nigerië. Hulle sê sy ontwerpfilosofie van verfrissende vernuwing en bygewerkte style het gelei tot die uitnodiging om sy ontwerpe ten toon te stel. Piliso het as ‘n selfopgeleide modeontwerper begin. Namate sy passie vir ontwerp gegroei het, het hy by die Damelin-modeskool ingeskryf, waar hy ‘n sertifikaat in mode-ontwerp en kleinhandelaankope verwerf het.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away