Follow Us
Cricket: South Africa bowled out for 229 runs
Tue 4th Jan 2022
News 17:00
Tue 4th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 5 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die Parlement se sproeistelsel was in werkende orde, sê Openbare Werke
# Die bloeddiens pleit by mense om bloed te skenk omdat die voorraad min raak
# En in krieket: Suid-Afrikaner aangestel as hoofafrigter van Ierland se mans krieketspan

# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê die Parlement se sproeistelsel was in volle werking teen Oktober verlede jaar. Die waarnemende direkteur-generaal van Openbare Werke, Imtiaz Fazel, sê die stelsels was in werking soos bedoel en is laat in Desember getoets. Hulle het die vrae van die gesamentlike staande komitee oor Finansiële Bestuur in die Parlement beantwoord. Minister Patricia de Lille sê die Valke het die CCTV-beeldmateriaal afgelaai, maar dit is nog nie beskikbaar vir die komitee se oorweging nie. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos, Masondo, het aan die komitee gesê alles is nie verlore nie:

Speel klankgreep: ENG-AmosMasondo2

Intussen mag die voorlopige verslag oor die oorsaak van die brand wat in die Parlement gewoed het, moontlik vertraag word. Volgens die minister van Openbare Werke, Patricia de Lille, kon ondersoekers nog nie toegang tot die gebou verkry nie. De Lille sê hulle wag vir die Stad Kaapstad om die gebou aan die polisie en forensiese span oor te gee, ten einde vas te stel waar die brand begin het:

Speel klankgreep:  ENG-DeLilleReport

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens pleit by beide ingeënte en oningeënte mense om bloed te skenk, aangesien daar nou minder as drie dae se bloedvoorraad oor is. Siemi Prithvi Raj van die bloeddiens sê die voorraad is min, omdat skenkers nie beskikbaar is nie, aangesien hulle met vakansie is of nie hierdie tyd van die jaar so gereeld as ander tye bloedskenk nie. Raj sê nog ‘n rede is die vraag na bloed wat nie so beduidend gedaal het as wat gewoonlik die geval is nie.

# ‘n Hof in Hongkong het ‘n 36-jarige advokaat en pro-demokrasie-aktivis vandag tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir die organisering van ‘n onregmatige byeenkoms om slagoffers te huldig wat in 1989 dood is in China se onderdrukking van betogings op Tiananmen-plein. Dit is Chow Hang Tung se tweede skuldigbevinding oor ‘n verbode nagwaak. Chow dien reeds 12 maande tronkstraf uit vir die nagwaak wat sy in 2020 probeer reël het, maar vyf maande van haar nuwe vonnis sal gelyktydig uitgedien word, wat beteken dat sy altesaam 22 maande agter tralies sal deurbring.

# Krieket: Heinrich Malan is aangewys as die hoofafrigter van Ierland se mans krieketspan. Hy vul die gaping gelaat deur Graham Ford, wat verlede November uitgetree het. Die 40-jarige Suid-Afrikaner was vir etlike jare in Nieu-Seeland gebaseer met sy laaste rol dié van afrigter van die Auckland Aces. Meer onlangs het hy ook assistent-afrigtingsposte beklee vir die Nieu-Seelandse span en was hoofafrigter van Nieu-Seeland A.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-3-sent teen die dollar, 18-rand-9-sent teen die euro en 21-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-862-dollar-10-sent. Die prys van goud is een duisend-803-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-76-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away