Follow Us
Nog teen-bende-eenhede word in die Wes-Kaap ontplooi
Wed 29th Dec 2021
News 17:00
Wed 29th Dec 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 29 Desember 5 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Maimane en Holomisa sê staatskapingsverslag moet onmiddellik vir die publiek vrygestel word
# Eskom meld ‘n ontploffing by die Camden-kragstasie aan
# En in tennis: Novak Djokovic onttrek formeel aan die ATP-beker

# Beide die leier van die One SA-beweging, Mmusi Maimane, en die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê president Cyril Ramaphosa moet  die Zondo-ondersoek na staatskaping se verslag dadelik voor die Parlement ter tafel lê nadat hy dit ontvang het. Die twee leiers sê in afsonderlike verklarings die verslag moet openbaar gemaak word en deursigtig wees. Holomisa sê omdat Ramaposa een van die getuies in die ondersoek was, behoort Zondo die verslag regstreeks in die Parlement voor te lê. Maimane sê die verslag moet dadelik vrygestel word. Zondo het tot Februarie tyd om die finale verslag aan Ramaphosa te oorhandig.

# Eskom het bevestig daar was ‘n ontploffing by die Camden-kragstasie weens ‘n interne fout. Die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die kragverskaffer verwag nie enige voorsieningsontwrigtings in die omliggende omgewing nie. Die eenheid verskaf sowat 190-megawatt krag:

Speel klankgreep: ENG Eskom Transformer

# ‘n Span spesialiste by die Tygerbergse Hospitaal in Kaapstad het waarskynlik die eerste keer in Suid-Afrika daarin geslaag om ‘n prosedure uit te voer waartydens ‘n baba slegs halfpad gebore word. Dit is gedoen om ‘n speling van 30 minute vir behandeling toe te laat, terwyl die baba steeds suurstof deur die plasenta ontvang het. Sy is na haar geboorte nou in ‘n bestendige toestand. Die hoof-spesialis tydens die prosedure, Lut Geerts, sê ‘n nuwe lugweg moes vinnig geskep word, omdat Ivoree Jane weens ‘n gewas in haar keel nie op haar eie kon asemhaal nie:

Speel klankgreep: ENG TygerbergFirstInSA

# Die voormalige president van die DRK, Joseph Kabila, wil The Namibian-koerant vir naamskending dagvaar oor twee artikels wat dié maand verskyn het oor beweerde geldwassery. Dit volg op die uitlek van bankdokumente wat toon hoe miljarde dollar deur die tesourie gekanaliseer is deur ‘n web saketransaksies wat met Kabila en sy binnekring verbind word. Opdrag is reeds aan die Suid-Afrikaanse advokaat, Dali Mpofu, gegee om ‘n span prokureurs van Windhoek en Johannesburg vir die saak saam te stel.

# Tennis: Die wêreld se nommer een-speler, Novak Djokovic, het amptelik onttrek aan die ATP-bekertoernooi wat Saterdag in Sydney, Australië, begin. Die Serwiese span sal nou gelei word deur die wêreld se nommer 33, Dusan Lajovic. Djokovic se onttrekking volg glo op ‘n voorste Serwiese poniekoerant se berig dat Tennis Australië druk op die regering in Victoria uitoefen om hom en andere in die Australiese Ope te laat speel, selfs al is hulle nie ingeënt  teen Covid-19 nie. Intussen is Oostenryk in Groep B deur Frankryk vervang na die onttrekkings deur Dominic Thiem en Dennis Novak.

# En ten slotte die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-87-sent teen die dollar, 17-rand-96-sent teen die euro en 21-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-694-dollar-30-sent. Die prys van goud is een duisend-791-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-92-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away