Follow Us
Perimeter walls, littering exacerbates flooding, warns Ekurhuleni emergency services
Tue 18th Jan 2022
At least 10 people died in flash floods triggered by torrential rain that battered Madagascar’s capital
Tue 18th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 4 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die minister van Vervoer gaan padongeluksyfers maandeliks bekendmaak
# Russiese troepe kom in Belarus aan vir militêre oefeninge
# En in hokkie: Suid-Afrika gee Namibië ‘n loesing in Ghana

# Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, gaan van Maart af, maandeliks statistieke van padongelukke in die land bekendmaak. Hy het dit gesê by ‘n inligtingsessie oor die statistieke van die feestyd. Een-duisend-685 mense is in dié tyd dood, wat veertien persent meer is as in die vorige feestyd. Mbalula sê die maandelikse statistieke beteken dat dit meer gereeld gebruik kan word om padveiligheid te monitor:

Speel klankgreep: ENG FikileMbalulaONStats

# Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys spook om vir alle leerders plek te kry vir wanneer die skole môre heropen. Die LUR, Debbie Schäfer, sal verskillende skole in Grassy Park môre besoek as deel van die departement se bepaling van hoe gereed skole vir die nuwe jaar is. Sy sê dit is jammer dat die meeste leerders steeds op ’n rotasiebasis skool moet bywoon, maar gesprekke met die nasionale regering is steeds aan die gang dat alle leerders daagliks skool toe gaan:

Speel klankgreep: ENG MEC Debbie Schäfer

# Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys sê duisende leerders mag dalk nie skole kan bywoon wanneer die 2022-akademiese jaar môre begin nie, omdat verskeie skole in die onlangse gure weerstoestande in die provinsie, beskadig is. ‘n Woordvoerder, Malibongwe Mtima, sê die departement het tot dusver die skade aan 57 skole bepaal en dit sal die departement na raming 900-miljoen rand kos om te herstel.

# Russiese troepe het vandag in Belarus aangekom vir vinnige militêre oefeninge. AFP berig meer as ‘n week se onderhandelinge tussen Rusland en die Weste het nie die kommer oor die opbou van tien-duisende Russiese troepe op die Oekraïense grens laat wyk nie. Bydraend tot die spanning het Belarus, Rusland en die Oekraïne se buurland, ‘n reeks militêre oefeninge van stapel gestuur. ‘n Video, wat deur Belarus se ministerie van Verdediging vrygestel is, wys hoe kolomme militêre voertuie, insluitend tenkvoertuie, van treine wat met sneeu bedek is, afgelaai word.

# Hokkie: Suid-Afrika se manshokkie-span het Namibië met 13-0 afgeransel in hulle wedstryd by die 2022 Afrika-nasiesbeker wat tans in Accra, Ghana gehou word. Suid-Afrika het oorheers in al vier kwarte van die wedstryd en het twee doele aangeteken in elk van die drie openingskwarte. Vier doele is aangeteken vanuit strafhoeke en die ander twee doele is in die verloop van die spel aangeteken. Die wenner van die Buitelug-Afrika-nasiesbeker sal die kontinent volgende jaar by die Wêreldbeker verteenwoordig, wat vanaf 13 tot 29 Januarie in Indië beplan word.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-56-sent teen die dollar, 17-rand-56-sent teen die euro en 20-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-655-dollar-30-sent. Die prys van goud is een duisend-814-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-16-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away