Nuus 16:00
BULLETIN 19 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party dring aan die Kieshof moet sy registrasie handhaaf
# Kleinhandelaars-vertroue neem af in die eerste kwartaal ondanks verkoopsvolumes
# En, sokker: AZAPO versoek die owerhede om bestendigheid by SAFA te verseker
# Die uMkhonto we Sizwe-party is vol vertroue dat hy aan die komende verkiesing sal deelneem, met oudpresident Jacob Zuma as sy presidentskandidaat. Die ANC en die MK-party is in ‘n regstryd gewikkel by die Kieshof in Bloemfontein. Die ANC poog om die MK-party se registrasie by die Onafhanklike Verkiesingskommissie om te keer. Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, voer aan die ANC probeer sy nalatigheid regstel nadat hy nie binne die vereiste tydsraamwerk beswaar gemaak teen die party se registrasie nie:
Intussen kyk Suid-Afrikaanse ondernemings toenemend na Kanada vir uitbreiding, te midde van onsekerheid in die komende algemene verkiesing. ‘n Kanadese immigrasie-raadgewer, Nicholas Avramis, sê daar was ‘n noemenswaardige toename van 31-persent in Kanadese werkspermitaansoeke wat in 2023 vir Suid-Afrikaners verwerk is. Avramis sê baie Suid-Afrikaners ondersoek geleenthede in die buiteland te midde van kommer oor die voortdurende ekonomiese uitdagings en potensiële politieke onsekerhede tuis. Hy beklemtoon Kanada se Aanvangsvisum-program is ‘n gewilde keuse vir vernuwende entrepreneurs wat ondernemings oorsee wil vestig.
# Kleinhandelaars se vertroue het in die eerste kwartaal afgeneem ondanks groter verkoopsvolumes. Dit word toegeskryf aan verbruikers se huiwering om voor die verkiesing duur items te koop. Die Buro vir Ekonomiese Navorsing se jongste peiling onthul kleinhandelaars se vertrouensvlakke het tot 34 punte gedaal, met winsgewendheid wat laag bly. Kleinhandelaars in nie-duursame goedere het egter verbeterde volumegroei beleef, met verkoopvolumes vir tekstiel, klere en skoen-kleinhandelaars wat verder versnel het. Die vooruitsig dui op ‘n moontlike herlewing in kleinhandel vanaf die derde kwartaal, afhangend van politieke en ekonomiese bestendigheid na die verkiesing.
# ActionSA het kommer uitgespreek oor hoë skoolverlatersyfers in Suid-Afrika, en vra dringende regeringsoptrede. Data van Statistieke Suid-Afrika toon verhoogde afwesigheid, met byna nege-persent van elf-jariges en byna drie-persent van 18-jariges wat nie skoolgaan nie. Faktore sluit onder andere in armoede, tienerswangerskappe en ‘n gebrek aan belangstelling, wat ‘n uitwerking het op jeugwerkloosheid en maatskaplik-ekonomiese kwessies. Die lid van ActionSA se Team Fix SA vir Basiese Onderwys, Tsholofelo Maforah, het holistiese beleide beloof waarvolgens alle kinders skool kan bywoon:
# Sokker: Die Azanian People’s Organisation doen ‘n beroep op owerhede om nugter te word en bestendigheid by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging te verseker, en nie die ondergang van die spel in die land toe te laat nie. Die party sê hy is bekommerd oor die die verwikkelings by SAFA-huis en betreur die de-stabilisering van sokker deur die moederliggaam. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê hierdie negatiwiteit volg teen die agtergrond van die nasionale manspan wat onlangs geweldige vordering getoon het op die Afrikabeker-toernooi:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-96-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 24-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-459-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-155-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….