Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# N-U-M vra vir meer skag-inspeksies om ongelukke te vermy na die mynramp
# Die privaat sektor moet Suid-Afrika se voorsieningsketting red
# En, rugby: Vyf Wêreldbeker-wenners sal meeding vir Suid-Afrika se speler van die jaar
# Die mynwerkersvakbond N-U-M se sekretaris van Gesondheid en Veiligheid, Masibulele Naki, het die dringende behoefte beklemtoon dat myne prosedures vir die inspeksie van skagte moet verduidelik en voorop stel ten einde ongelukke te voorkom. Dit volg ná vanoggend se voorval by Impala Platinum in Rustenburg, Noordwes, waarin 11 mynwerkers dood en 75 ernstig beseer is. Berigte dui aan ‘n hysbak het ongeveer 200-meter ver geval in ‘n skag van een-kilometer toe mynwerkers ná hul skof na die oppervlak gebring is. Naki beklemtoon dis noodsaaklik om skag-inspeksies voorop te stel:
# Die Padvragvereniging sê die privaat sektor moet beheer neem oor staatsbeheerde instellings wat versuim om Suid-Afrika se verskaffingsketting te red. Die vereniging sê die agteruitgang van hawens en spoorvrag was ‘n stadige, voortgesette proses oor ten minste tien-jaar en Transnet se bestuur en sy filiale was ten volle bewus van die uitdagings. Die uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê niks is gedoen om dit teen te werk nie, en die uitvoerende hoofde, bestuur en ministers wat Openbare Ondernemings gelei het, is die skuldiges.
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ‘n bykomende 700-miljoen-rand aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke toegewys om oor die volgende drie jaar in infrastruktuur te belê. Die geld is bedoel om besoekers se ervaring te verbeter, by verskeie nasionale parke onder SANParke se bestuur. SANParke se woordvoerder, Rey Thakhuli, sê hulle vorder sowat 80-persent van die bedryfsbegroting in deur sy ekotoerisme-onderneming:
# Rugby: Vyf Wêreldbeker-wenners ding mee om vereer te word as SA Rugby se speler van die jaar vir 2023. Hulle is Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Frans Malherbe en Damian Willemse. Die Springbokke is benoem as span van die jaar en hoofafrigter Jacques Nienaber as afrigter van die jaar. Die Bok-agterspelers Canan Moodie en Jaden Hendrikse kom te staan teen Sacha Feinberg-Mngomezulu, Evan Roos, and Ruan Venter as jong speler van die jaar. Die wenners word vroeg volgende jaar bekend gemaak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-176-dollar-71-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-14-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-67-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Universiteit van die Witwatersrand sê navorsers het baanbrekerswerk gedoen en ‘n nuwe manier gevind om na Donker Materie te soek. Die bestaan van Donker Materie is ‘n vraag wat hoë-energie-wetenskaplikes en astrofisici regdeur die wêreld al dekades lank ondersoek. Professor Deepak Kar van Wits sê hulle het gewonder of Donker Materie-deeltjies werklik in ‘n stroom van standaard-deeltjies geproduseer word. Hy sê dit het gelei tot die verkenning van ‘n nuwe ontdekkings-model bekend as semi-sigbare strome, waarna wetenskaplikes nooit voorheen gekyk het nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….