Follow Us
Tennis: Daniil Medvedev and Alexander Zverev claim impressive victories at ATP Cup
Tue 4th Jan 2022
Cricket: South African appointed as head coach of Ireland’s men’s team
Tue 4th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 4 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Nasionale Raad van Provinsies se raadsaal en kantore, die parlement se biblioteek, museum, kunswerke en die grondvloer van die ou Volksraad het behoue gebly
# Die DA sê die Parlement se aandag moenie afgelei word van sy werk nie – veral nie rakende die Zondo-kommissie-verslag nie
# En in tennis: Novak Djokovic sê hy gaan in die Australiese Ope speel ná mediese vrystelling

# Daar is ‘n bietjie goeie nuus na die verwoestende brand by die Parlement. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het aan die gesamentlike staande komitee oor Finansiële Bestuur in die Parlement gesê die raad se raadsaal en kantore, die parlement se biblioteek, museum, kunswerke en die grondvloer van die ou Volksraad het behoue gebly.

# As die brand in die Parlement wel ‘n aanslag was op die demokrasie in Suid-Afrika, is dit juis nou die tyd om die demokrasie te versterk. Dit is die mening van DA-leier, John Steenhuisen, wat by die beskadigde Parlements-geboue gepraat het. Hy sê die Parlement is meer as net bakstene en sement en die instelling het ‘n onversetlike toesigfunksie. Steenhuisen sê dié beginsel is belangriker as ooit, omdat die Parlement nou die Zondo-kommissie se verslag moet hanteer:

Speel klankgreep: ENG John SteenhuisenBackToWork

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging vra die regering moet algemene praktisyns toelaat om Covid-19-inentings toe te dien. Die voorsitter van die vereniging, Angelique Coetzee, het aan eNCA gesê dit sal die land se inentingstrategie makliker en meer doeltreffend maak. Volgens die huidige stelsel kan Suid-Afrikaners net die intenting ontvang by aangewese openbare en private inentingslokale. Coetzee sê dit is noodsaaklik dat dokters pasiënte, wat tot nou toe uitgestel het, kan inent. Sy voeg by dié stelsel word in ander lande toegepas.

# ‘n Senior regeringsamptenaar het in gesprek met Reuters gesê dit is onwaarskynlik dat die Apple-verskaffer Foxconn sy iPhone-vervaardigingsaanleg in die suide van Indië sal heropen voor 7 Januarie. Die aanleg in die suidelike staat Tamil Nadu is in Desember gesluit ná protes oor 250 van sy werknemers wat vir voedselvergiftiging behandel is. Apple het sedertdien die fabriek op ‘n proeftydperk geplaas, nadat ontdek is sommige van die slaap- en eetsale voldoen nie aan die vereiste standaarde nie.

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, sê hy is op pad na die Australiese Ope om sy titel te verdedig, ná hy mediese vrystelling gekry het om te kan speel. Alle deelnemers aan die Ope, wat op 17 Januarie begin, moet teen Covid-19 ingeënt wees of mediese vrystelling hê wat deur ‘n onafhanklike paneel kenners oorweeg is. AFP berig die Serwiër het herhaaldelik geweier om te bevestig of hy ingeënt is. Sy deelname aan die jaar se openings-Grand Slam by Melbourne-park is reeds vir maande die onderwerp van intense bespiegeling.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-4-sent teen die dollar, 18-rand-9-sent teen die euro en 21-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-525-dollar-10-sent. Die prys van goud is een duisend-800-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-20-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away