Nuus 15:00
BULLETIN 18 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# LUR Allen verwelkom die inhegtenisneming van ‘n vierde persoon in die Joslin Smith-saak
# Hoofregter Zondo bevestig die regbank se rol in menseregtebevordering
# En, fietsry: Brittanje se suksesvolste vroue Olimpiese deelnemer tree uit
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het sy tevredenheid uitgespreek met die inhegtenisneming van die 32-jarige Lourentia Lombaard in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith. Lombaard het in die Landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van ontvoering en mensehandel. Allen het die vier beskuldigdes, insluitend Joslin se ma, Kelly, versoek om bekend te maak waar Joslin is nadat sy vier weke gelede verdwyn het:
# Hoofregter Raymond Zondo het die regbank se deurslaggewende rol in die verdediging van menseregte beklemtoon op die Konferensie oor Menseregte. Hy het die Grondwet uitgelig as ‘n simbool van verbintenis tot menseregte, en beklemtoon die behoefte aan voldoende hulpbronne om vinnige geregtigheid te verseker. Zondo het gepraat tydens die geleentheid, wat die Departement van Justisie aangebied het met die tema – Drie dekades van respek vir, en bevordering van Menseregte:
# Die Outomobiel Assosiasie voorspel ‘n gemengde brandstofvooruitsig volgende maand, met petrolpryse wat na verwagting effens sal styg, terwyl diesel- en lampolie-pryse kan daal. Die afname in dieselpryse is veral goeie nuus vir sektore soos landbou, mynbou, vervaardiging en kleinhandel, waar diesel ‘n aansienlike insetkoste is. Die AA skryf hierdie prysveranderings toe aan ‘n stewiger rand-dollar-wisselkoers sowel as laer oliepryse. Die vereniging bied ook gratis nagaan van motors aan tot 2 April vir diegene wat beplan om in die vakansietyd te reis.
# Fietsry: Brittanje se suksesvolste vroue Olimpiese deelnemer, Laura Kenney, het haar uittrede aangekondig, vier maande voor die Spele in Parys. Sy het vyf Olimpiese gouemedaljes ingeplam, sowel as sewe Wêreldkampioenskap-titels. Die 31-jarige Kenney sê sy het altyd geweet sy sal besef wanneer dit tyd is om halt te roep. Sy is getroud met die voormalige fietsryer Jason Kenney, wat Brittanje se Olimpiese held is met die meeste medaljes. Kenney sê dit het al hoe moeiliker geword om haar twee jong kinders by die huis te los.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-91-dollar-17-sent. Die prys van goud is twee-duisend-160-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-76-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sê hy ondervind ‘n tekort aan bloedvoorraad in aanloop tot Paasnaweek. Daar is 4,4 dae se voorraad oor vir B-plus-bloed, terwyl die O-plus-bloedgroep-voorraad op slegs 3,5 dae staan. Die bloeddiens handhaaf gewoonlik ‘n bloed-voorraadvlak van minstens vyf dae vir elke bloedgroep, om volgehoue beskikbaarheid aan pasiënte in nood te verseker. Die diens sê hulle gaan hulle werksure verleng en hulle invorderingsveldtog verskerp voor die komende skoolvakansie en Paasnaweek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….