Nuus 15:00
BULLETIN 13 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is vol vertroue beurtkrag sal opgelos word
# Aanklagte is laat vaar teen die beweerde sangoma in die Joslin Smith-verdwyningsaak
# En, krieket: Anderson sê hy is op 41 fikser as ooit
# President Cyril Ramaphosa het die regering se pogings beklemtoon om die kragkrisis aan te pak terwyl Eskom beurtkrag na fase 3 verhoog het. Ramaphosa het met die media gepraat tydens die bi-laterale vergadering met die Ghanese president, Akufo-Addo, in Pretoria. Hy het erken dat beurtkrag ‘n uitdaging is, maar die versekering gegee dat die regering besig is om die energiestelsel te hervorm om die krisis te verlig:
# Drie beskuldigdes in die Joslin Smith-verdwyningsaak het hul borgtog-aansoek laat vaar in die Landdroshof in Vredenburg. Aanklagte is teruggetrek teen die vierde beskuldigde, die vermeende sangoma Phumza Sigaqa, nadat geen bewyse van haar beweerde betrokkenheid gevind kon word nie. Joslin se ma, Racquel “Kelly” Smith, haar kêrel, Jacquin “Boeta” Appollis, en Steveno van Rhyn word aangekla van mensehandel en ontvoering na beweerde bekentenisse dat hulle Joslin vir 20-duisend-rand verkoop het vir muti. Die saak is tot 13 Mei uitgestel vir verdere ondersoek en om selfoondata te bekom.
# Spanne van Johannesburg Water en Rand Water wysig stelsels om die vloei te verbeter in die Linden 1-, Linden 2- en Kensington B-stelsels. Nombusa Shabalala van Johannesburg Water sê ondersoeke het ‘n toe klep van Rand Water onthul, wat die voorraad beperk. Sy sê reservoirs bly kritiek laag weens ‘n voorval by die Eikenhof-pompstasie. Shabalala sê hulle monitor die stelsels deeglik:
# Migrante wat asiel geweier word in die Verenigde Koninkryk, sal duisende pond aangebied word om na Rwanda te gaan. Volgens The Times is die nuwe hervestigingskema ontwikkel om migrante te verwyder wat geen wettige reg het om die VK te bly nie, maar wat nie na hulle tuisland kan terugkeer nie. Dit is gemik op mense wat geen uitstaande asiel-eis het nie en vinnig kan hervestig. Die Departement van Binnelandse Sake het nie die skema bevestig nie, maar ondersoek blykbaar vrywillige hervestiging in Rwanda.
# Krieket: Die veteraan Engelse bouler Jimmy Anderson sê hy is fikser as ooit, en sien uit na die reeks van drie toetse teen die Windies in Julie. Die 41-jarige besef egter hy sal steeds ‘n plek in die groep moet verdien. Anderson het sedert sy debuut in 2002 een-duisend-353 lopies aangeteken en 400 paaltjies ingeoes in 187 toetse. Hy sê hoewel hulle die onlangse reeks teen Indië 4-1 verloor het, is die span op ‘n goeie plek onder kaptein Ben Stokes en afrigter Brendon McCullum.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-66-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-419-dollar-93-sent. Die prys van goud is twee-duisend-162-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….