Nuus 15:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 23 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa loof ekonomiese groei na 30 jaar van demokrasie
# Die Spioenasiewetsontwerp sal waarskynlik nie voor die einde van die parlementêre termyn deurgevoer word nie
# En, rugby: Die yitvoerende hoof van die Crusaders ontken die nuwe afrigter sal ná ‘n aaklige seisoen die trekpas kry
# President Cyril Ramaphosa loof Suid-Afrika se ekonomiese vooruitgang met die land wat 30 jaar van vryheid vier. Hy het gepraat op die Werkerdeel-eienaarskapskonferensie in Gauteng en die mededingingswette uitgelig wat die groei aanhelp van klein- en medium-ondernemings, en arbeidswetgewing wat sorg vir goeie arbeidsverhoudinge. Ramaphosa beklemtoon beleid wat swart Suid-Afrikaners bemagtig en sê die eienaarskapskemas is waardevolle maniere om eienaarskap te verbreed:
# Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette sal waarskynlik nie deurgevoer word voor die einde van die huidige parlementêre termyn nie. Die ad hoc-komitee van die Nasionale Raad van Provinsies het nog openbare insette gevra oor nuwe voorgestelde voorsienings. Die wetsontwerp, gemik instelling van die aanbevelings van die Hoëvlak-hersieningspaneel oor die Staatsveiligheidsagentskap, word gekritiseer vir sy breë definisie van nasionale veiligheid. Hoewel daar verbetering was, duur kommer voort, wat gelei het tot beroepe vir meer oorsig en deursigtigheid.
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het planne aangekondig vir die totstandkoming van ‘n sakeraad tussen Suid-Afrika en Egipte. Die raad is daarop gemik om geleenthede vir handel en belegging tussen die twee lande te vermeerder. Pandor sê sy hoop om die privaat sektor en staatsbeheerde ondernemings aan te moedig om saam te werk. Sy sê dis noodsaaklik om die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms ten volle te benut:
# Rugby: Die Crusaders het gerugte ontken dat die nuwe afrigter, Rob Penney, die trekpas gaan kry nadat die span slegs een van sy agt Superrugby-wedstryde tot dusver hierdie seisoen kon wen. Die sewe-malige kampioen is slegs ‘n skadu van die span wat die kompetisie onder die vorige hoofafrigter, Scott Robertson, oorheers het voordat hy ná die Wêreldbeker-toernooi na die All Blacks geskuif het. Die uitvoerende hoof, Colin Mansbridge, beskryf oproepe vir Penney se afdanking as kinderagtig. Penney is in 2021 as afrigter van die Waratahs afgedank.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-23-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-116-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-301-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-61-sent per vat.
# En ten slotte: Vier jong wetenskaplikes gaan Suid-Afrika op vanjaar se internasionale kompetisie vir wetenskap, tegnologie en ingenieurswese in Indonesië verteenwoordig. Rikyle Andrio Jordaan, Husna Docrat, S’qiniseko Mpilenhle Mpontshane en Maria Isabella Lutz is in Oktober verlede jaar op die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes se internasionale wetenskapskou deur ‘n paneel akademici en beroepspersone aangewys. Eskom Ekspo se uitvoerende direkteur, Parthy Chetty, sê die vier sal ʼn geleentheid hê om hulle navorsingsprojekte in Bali uit te stal:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….