Nuus 15:00
BULLETIN 22 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party se stigter beloof ‘n verkiesings-oorwinning ondanks ANC-struikelblokke
# Eskom se gedeeltelike ladingsverlies toon ‘n aansienlike verbetering
# En, rugby: Die Stormers is onder druk voor die VRK-wedstryd teen Leinster
# Die stigter van die MK-party, Jabulani Khumalo, kritiseer die ANC-leierskap en sê hulle sal nie die party se verkiesingsukses kniehalter nie. Hy verwelkom die uitspraak van die Hooggeregshof in Durban, wat die ANC se poging verwerp het om te keer dat die MK-party die uMkhonto we Sizwe-handelsmerk gebruik. Khumalo sê ondanks die uitdagings berei hulle voor vir ‘n triomf in die verkiesing:
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het ‘n aansienlike daling aangekondig in gedeeltelike ladingsverlies, as gevolg van die inwerkingstelling van die Operasionale Opwekkingsherstelplan. Ramokgopa het aan die media gesê ander bydraende faktore is beplande onderhoud, toevallige instandhouding, asook ‘n laer vraag as gevolg van die prestasie van hernubare energie. Hy sê daar is ‘n toename van drie persentasiepunte in versnelde onderhoud danksy verbeterde opwekkingseenhede:
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, veroordeel enige anti-Semitisme op kollege-kampusse met pro-Palestynse betogers wat die vyfde dag op die kampus van die Columbia-universiteit geëis het dat sy finansiële bande met Israel verbreek moet word. Studente beset die kampus en vra die vooraanstaande instelling in New York, wat ‘n uitruilprogram het met die Universiteit van Tel Aviv, om alle bedrywighede te boikot wat met Israel verband hou. Dit word geëis in die lig van die land se oorlog met Hamas-militante en die gevolglike humanitêre krisis in Gaza.
# Rugby: Die Stormers is onder druk in die Verenigde Rygbykampioenskap na die naweek se teleurstellende tuis-nederlaag teen Ospreys. Hulle is nou sesde op die punteleer met nog vier wedstryde oor voor die uitspeelstryde. Hulle verwelkom Saterdagaand die verdedigende kampioen, Leinster, wat gretig sal wees om hulle groot loesing teen die Leeus op Ellispark af te skud. Die Stormers se afrigter, John Dobson, sê sy span sal baie beter moet speel:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-11-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-123-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-346-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-70-sent per vat.
# En, versekeraars sê erge weersomstandighede wat met klimaatsverandering verband hou, laat Suid-Afrikaners die belangrikheid van korttermynversekeringsdekking besef. Volgens die wêreldwye herversekeringsmakelaar, Aon, was ekonomiese verliese in 2023 as gevolg van natuurrampe 22-persent meer as die vorige eeu se gemiddeld van 21-persent. Dit laat vrae ontstaan oor die langtermyn-volhoubaarheid van dekking vir kwesbare gemeenskappe. Bedryfskenners sê dit beklemtoon die behoefte aan verbeterde infrastruktuur en vernuwende risiko-oordragsmeganismes. Hulle meen dis noodsaaklik om aandag te gee aan bekostigbaarheidskwessies en gebruik te maak van tegnologie om die beskermingsgaping kleiner te maak en veerkragtigheid te versterk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….