Follow Us
Umalusi commends the Department of Basic Education for conducting successful examination [SOUND]
Tue 18th Jan 2022
Twee beseer in verskillende ongelukke op gevaarlike pad in Mpumalanga
Tue 18th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 1 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die minister van Vervoer sê die regering sal appelleer teen die AARTO-uitspraak
# Umalusi is tevrede met die 2021 senior-sertifikaat-uitslae
# En in tennisnuus veg Andy Murray om in vyf stelle te wen in die eerste ronde van die Australiese Ope

# Die Departement van Vervoer gaan appelleer teen die uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof wat die AARTO-wet ongrondwetlik en ongeldig verklaar het. Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het dié stap aangekondig tydens ‘n inligtingsessie oor statistiek van die feestyd. Hy sê statistiek toon padsterftes het in sewe provinsies toegeneem. Altesaam een-duisend-685 sterftes is die afgelope feestyd aangeteken, wat ‘n toename van 14-persent is vanaf die vorige tydperk. Mbalula sê statistiek sal nou meer gereeld gebruik word om padveiligheid te monitor: Speel klankgreep: ENG FikileMbalulaONStats

# Die kwalifikasie-owerheid, Umalusi, het die groenlig gegee vir die vrystelling van die 2021 nasionale senior-sertifikaat-eksamenuitslae. Die uitslae word Donderdag bekendgemaak. Umalusi se uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sê die matrieks van 2021 was twee jaar lank blootgestel aan die werklikhede van die Covid-19 pandemie wat onderrigmetodes beïnvloed het. Leerders moes in dié tyd ook kennis maak met aanlyn-klasse.

Speel klankgreep: ENG Umalusi

# Vanjaar se appel- en peer-seisoen in die Wes-Kaap is in volle swang en boere sien uit na ‘n goeie oes. Die woordvoerder vir Hortgro, Jacques du Preez, sê winterreën wat baie nodig was, het genoeg water vir besproeiing verseker. Daarmee saam het jong boorde wat die eerste keer vrugte gedra het, gelei tot ‘n groter oesskatting vir uitvoere. Ses-persent meer appels en agt-persent meer pere gaan waarskynlik vanjaar in die Wes-Kaap geoes word.

# China se posdiens het sy werkers aangesê om internasionale posstukke te ontsmet en die publiek ook gevra om bestellings uit die buiteland te beperk weens Covid-19. Die owerhede meen posstukke kan dalk die bron wees van onlangse uitbrekings van die virus in die land. AFP berig dat dit bewys dat China vasberade is om die virus uit te wis voor volgende maand se Winterspele. Verskeie kleiner uitbrekings die afgelope klompie weke, ook in Beijing, word as ‘n toets gesien vir die land se streng beleid om Covid-getalle tot nul te beperk.

# Tennis: Andy Murray het baklei vir sy eerste oorwinning sedert 2017 by die Australiese Ope met ‘n epiese sege in vyf stelle oor die 21ste gekeurde Nikoloz Basilashvili. Die nuusagentskap AFP berig die driemalige Grand Slam-kampioen, wat met ‘n metaalheup speel ná ‘n operasie in 2019, het byna vier ure lank met die Georgiër gestoei voordat hy sy plek in die tweede ronde kon bespreek. Die Skot, wat noommer 113 op die ranglys is, se kenmerkende veggees het na vore gekom en hy het in die aangrypende laaste stel ‘n oorwinning van 6-1, 3-6, 6-4, 6-7, 6-4 beklink.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-47-sent teen die dollar, 17-rand-64-sent teen die euro en 21-rand-09-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-913-dollar-04-sent. Die prys van goud is een duisend-811-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-49-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Available