Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP in KZN vra vir strenger wapenregulasies na nog ‘n noodlottige skietvoorval
# ‘n Ingelyfde sterf by ‘n onwettige besnydenisskool in die Oos-Kaap
# En, motorsport: Verstappen groet sy rekordbreker-motor op emosionele wyse
# Die IVP in KwaZulu-Natal sê die jongste massaskietvoorval in die provinsie vereis dat meer aandag gegee word aan Suid-Afrika se wapenwette. ‘n Soektog is tans aan die gang na minstens vyf gewapende mans ndat vier gesinslede gister in die Ezinhlongeni-dorp in Mfume doodgeskiet is. ʼn IVP-woordvoerder, Blessed Gwala, sê owerhede moet ʼn einde bring aan die skrikbewind van gewapende misdadigers wat mense daagliks met onwettige wapens dreig:
# Die Oos-Kaapse polisie in Lusikisiki ondersoek ‘n moord by ‘n onwettige besnydenisskool. Die Polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê ‘n 20-jarige ingelyfde is by Nkunzini, in die Magwa-teeplantasiestreek dood na aanrandings deur onbekende mans by die skool. Hy sê die operateur van die onwettige besnydenisskool is nie ‘n geregistreerde tradisionele geneser nie, en hulle soek tans na hom:
# Die Universiteit van Pretoria sê wanneer mense na ʼn malaria-gebied gaan, moet hulle goed voorbereid wees om ʼn veilige en genotvolle reis te verseker. Malaria is ʼn siekte wat lewensbedreigend kan wees en deur muskiete oorgedra word. Die universiteit se instituut vir volhoubare malariabeheer sê voorkomende medikasie is noodsaaklike om veilig te bly in malariagebiede en word hoogs aanbeveel in hoërisiko-gebiede. Hy sê die medikasie vorm ʼn beskermende skild teen malaria-parasiete en onderdruk dit in die bloedstroom voordat dit kliniese siekte veroorsaak.
# Die vakbond Solidariteit doen ‘n beroep op die Verenigde Nasies vir ‘n oorskakeling van regstellende optrede na opleiding en maatskaplik-ekonomiese oorwegings. Die vakbond verskyn vandag voor die VN se Komitee vir die Uitwissing van Rassediskriminasie en die regering gaan sy standpunt verdedig. Solidariteit voer aan die fokus op raskwotas het nie ongelykheid verminder nie en beweer raswette het aansienlike skade aangerig. Die uitvoerende hoof, Dirk Hermann, kritiseer die regering se volgehoue fokus op rasseverteenwoordiging en bepleit ‘n oorskakeling van uitsetgegronde raskwotas na inset-gegronde programme, wat op opleiding en ontwikkeling fokus.
# Motorsport: Formule 1-renjaer, Max Verstappen, was baie emosioneel toe hy afskeid neem van die Red Bull-motor wat hom hierdie seisoen sy derde wêreldkampioenskap besorg het. Die Nederlander het F1-rekords verpletter, 19 van die 22 wedrenne gewen en die eerste jaer geword wat in ‘n enkele seisoen in ‘n duisend rondes voorgeloop het. Volgens Verstappen besef hulle dit sal baie moeilik wees om so ‘n ongelooflike seisoen te ewenaar, maar hulle werk hard om in 2024 ‘n baie mededingende motor te hê. Hy is tot 2028 by Red Bull gekontrakteer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-49-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-13-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-15-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….