Follow Us
News 13:00
Sun 13th Feb 2022
Tien-miljard-rand nodig om Tshwane se paaie te herstel
Sun 13th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 1 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Limpopo LUR bekommerd oor padongelukke
# Santaco misluk in sy poging om die Mango-lugdiens oor te neem
# En, geen deurbraak tussen Rusland en Amerika oor die Oekraïne nie

# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het haar kommer uitgespreek oor die talle padongelukke in die provinsie. Vyf mense is sedert die begin van die naweek in drie afsonderlike ongelukke dood. ‘n Woordvoerder van die Departement van Vervoer, Mike Maringa, sê moegheid is vermoedelik die oorsaak van die ongelukke:

Speel klankgreep: ENG Mavhungu

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad het misluk in sy poging om die Mango-lugdiens oor te neem. Santaco het glo nie die kortlys as ‘n biër gehaal nie. Die lugdiens is in Julie verlede jaar in verpligte sakeredding geplaas. Mango skuld krediteure drie-miljard-rand. Die taxi-bedryf het in 2011 sy eie lae-koste redery, Santaco Express, van stapel gestuur, maar dit het nooit van die grond afgekom nie.

# ‘n Johannesburgse polisiebeampte en 42 van sy beweerde makkers gaan more in die Pretoria-Landdroshof verskyn. Hulle gaan tereg staan op verskeie aanklagte, insluitend moord, wat met taxi-geweld verband hou. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê hulle is in hegtenis geneem na skote verlede week by ‘n vulstasie in Irene in Tshwane gevuur is en die polisie ‘n man se liggaam aangetref het. Die slagoffer is glo ‘n lid van een van die twee groepe wat in ‘n twis betrokke is. Behalwe dié slagoffer is twee ander mense in ‘n bedenklike toestand gelaat.

# Die Russiese president Vladimir Putin en sy Amerikaanse eweknie, Joe Biden, het oor die Russiese militêre magsopbou ‘n gesprek gevoer, maar die oproep van ‘n uur het sonder ‘n deurbraak geëindig. Die Withuis hou vol Moskou gaan vinnige en ernstige gevolge sien as hy met sy aggressie voortgaan. Die Kremlin het op sy beurt, wat hy noem Amerkaanse histerie oor die konflik in die Oekraine, veroordeel. Biden sê hoewel Amerika bereid is om diplomasie in te span, is hy eweneens voorbereid op ander scenarios. Die twee lande stuur af op een van die ernstigse krisisse in Oos-Wes-verhoudings sedert die Koue Oorlog.

# En ten slotte: Rugby: Vanjaar se Varsity-bekertoernooi gaan weer eens die kollig op geestesgesondheid plaas, ‘n kwessie wat tydens die Covid-19-pandemie meer algemeen voorgekom het. Die toernooibestuurder, Xhanti-Lomzi Nesi, sê deur die SpeakUP-veldtog wil hulle spelers, aanhangers en die breë gemeenskap aanmoedig om meer bewus te word van hulle eie geestesgesondheid en om op te tree as dit nodig is. Die toernooi skop môre in Potchefstroom af met ‘n wedstryd tussen die Noordwes-Universiteit se Eagles en die Ikeys van die UK.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away