Follow Us
News 13:00
Fri 7th Jan 2022
Driver injured in a rollover in Tshwane
Fri 7th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 1 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Kaapstad maak sy verslag bekend oor die brand by die Parlementsgebou
# Drie mense sterf in ‘n lugaanval in Ethiopië
# En gholfnuus: Erik van Rooyen van Suid-Afrika is in ‘n toernooi in Hawaii twee houe agter die voorloper

# Die Kaapstadse metro het ‘n verslag van sy brandweerdiens bekendgemaak oor die brand wat die parlementsgebou in die stad verwoes het. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle reik die verslag sonder enige bykomende kommentaar uit ter wille van deursigtigheid en vanweë die publiek se groot belangstelling in die voorval. Die verslag bevat inligting oor die parlementsgebou se brandblussers, branddeure en sprinkelstelsel, asook die optrede van die brandbestryders tydens die brand. Die verslag is op die metro se webwerf beskikbaar:

Speel klankgreep: AFR Hill-LewisOorVerslag

Die verslag wys die sproeiers was nie geaktiveer nie. Dit wys ook uit dat die kleppe van die sproeierstelsel oënskynlik toe was. Dit word beklemtoon dit is onduidelik of die alarm- en sensorstelsel in ‘n werkende toestand was. Die Kaapstadse brandweer het nie onmiddellik ‘n brandalarm van die Parlement ontvang nie. Die verslag sê branddeure wat oop was, het daartoe bygedra dat die brand versprei het.

# Lede van die vereniging van vragmotorbestuurders van Suid-Afrika het die regering gevra om as bemiddelaar op te tree in die geskille in die bedryf. Die voorsitter van die vereniging, Mary Phadi, het tydens ‘n strategiese vergadering in Emalahleni in Mpumalanga, gesê baie kleinsake-eienaars in die sektor word op die kantlyn geskuif. Sy sê hulle vra vir ‘n gelyke speelveld:

Speel klankgreep: ENG TASA meeting

# Die Verenigde Nasies sê ‘n Ethiopiese lugaanval het ‘n vlugtelingskamp in die noorde van Ethiopië se Tigray-streek getref. Drie Eritresiese vlugtelinge, insluitend twee kinders, is dood. Die aanval het die Mai Aini-vlugtelingkamp naby die suidelike dorp Mai Tsebri getref. Volgens Reuters is duisende mense reeds dood en miljoene ontwortel in die 14-maande lange oorlog tussen die federale regering en die Tigray People’s Liberation Front in die noorde. Daar is meer as 150-duisend Eritresiese vlugtelinge in Ethiopië, wat weens die oorlog min of geen toegang het tot humanitêre hulp nie.

# Gholf: In Hawaii waar die Kampioene-toernooi by Kapalua plaasvind, is Erik van Rooyen van Suid-Afrika ná die eerste ronde twee houe agter die voorloper, Cameron Smith van Australië. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Garrick Higgo, is drie houe agter Smith. Smith was suksesvol met twee lang arend-sethoue in sy ronde van agt onder baansyfer, 65. Hy het ‘n voorsprong van een hou oor die wêreld se nommer een speler, Jon Rahm. Die Spanjaard het sewe voëltjies aangeteken in sy ronde van 66. Hy is op sewe-onder saam met die FedEx-beker-kampioen, Patrick Cantlay, en nog ‘n Amerikaner, Daniel Berger.

# En ten slotte: Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-64-sent teen die dollar, 17-rand-61-sent teen die euro en 21-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-479-dollar-20-sent. Die prys van goud is een duisend-793-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-81-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away