Follow Us
Polisie in Noordwes ondersoek ‘n moord nadat die lyk van ‘n baba langs die N12 by Klerksdrop gevind is [KLANK]
Mon 3rd Jan 2022
News 13:00
Mon 3rd Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 3 Januarie 13:00

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Ou parlementsgebou is heeltemal in gister se brand verwoes
# Politieke ontleders sê ná brand Suid-Afrika se sekuriteit is in gedrang
# En, Duanne Olivier slaan toe en vat twee vinnige Indiese paaltjies op die eerste dag van die tweede toets op die Wanderers

# Die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die ou parlementsgebou is heeltemal verwoes in gister se brand en om die skade te herstel sal honderde miljoene rand kos. Hy het verduidelik dat die temperatuur in die omgewing nog steeds sowat 100 grade is, wat dit moeilik maak om die presiese omvang van die skade te bepaal. Drie van die vier verdiepings bokant die ou parlement is ook ernstig beskadig. Hoewel die ou Raadsaal ook deurgeloop het, is die skade volgens hom, beperk.

# Verskeie politieke ontleders het gereageer op die brand gister by die parlementêre kompleks. Sandile Swana het vanoggend aan Newzroom Afrika gesê die voorval wys die land en die gemeenskap se sekuriteit is in gedrang:

Speel klankgreep: ENG Sandile Swana

# Honderde onwettige immigrante is in hegtenis geneem en gedeporteer nadat hulle Suid-Afrika van Zimbabwe af deur die Beitbrug-grenspos en Musina binnegekom het. Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het die grenspos besoek om hom te vergewis van die situasie. Hy sê onwettige immigrante wat omkoopgeld betaal is ‘n bydraende faktor. Hy sê die instandhouding van die grensheining sal nou deur die Grensbestuurs-owerheid gedoen word:

Speel Klankgreep: ENG Aaron Motsoaledi

# Meer as 11-duisend-200 vlugte wêreldwyd is die afgelope 24 uur vertraag en duisende ander gekanselleer. Die Reuters-nuusagentskap berig dat meer as 4-duisend vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer is waarvan die helfte Amerikaanse vlugte was. Dit het verder bygedra tot vakansie-ontwrigtings weens gure weerstoestande en die toename in korona-virus-gevalle wat deur die Omikron-variant veroorsaak is. Die gekanselleerde vlugte het meer as twee-duisend-400 vertrekkende- en inkomende Amerikaanse vlugte ingesluit.

Krieket: Die bouler Marco Jansen en die nuweling-paaltjiewagter Kyle Verreyne het vanoggend saamgespan om op die eerste dag van die tweede toets op die Wanderers in Johannesburg, die eerste Indiese paaltjie te laat spat. Mayank Agarwal het in daardie stadium goed vertoon en vyf viere gemoker voor hy vir 26 lopies deur Verreyne gevang is. Duanne Olivier het die paaltjies van Cheteshwar Pujara vir drie en Ajinkya Rahane vir ‘n nulletjie platgetrek. Vroeër het die Indiese kaptein KL Rahul die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hy is kaptein in die plek van die beseerde Virat Kohli. Indië was teen middagete op 53 vir drie.

# En ten slotte, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-77-sent teen die dollar, 17-rand-92-sent teen die euro en 21-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 47-duisend-185-dollar-90-sent. Die prys van goud is een duisend-826-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-82-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away