Follow Us
Three-year-old child killed after a minibus taxi and a vehicle collided on the N4 in Tshwane [SOUND]
Wed 29th Dec 2021
Maimane and Holomisa say State Capture report should be released to the public immediately
Wed 29th Dec 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 29 Desember 1 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die ekonoom, Raymond Parsons, sê noodsaaklike ekonomiese hervorming moet volgende jaar ingestel word
# Mmusi Maimane sê die regering moet ophou speletjies speel met die openbare onderwysstelsel
# En, die Suid-Afrikaanse Kommuniste-party sê die land se prestasies word ondermyn

# Suid-Afrika moet kragdadig die beperkinge van sy ekonomiese potensiaal toets deur die instel van voor die hand liggende en dringende ekonomiese hervorming. So sê die ekonoom en professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons. Hy sê daar is ‘n paar boublokke wat die ekonomie volgende jaar na die volgende vlak kan neem. Dit sluit in die voortgesette momentum van die Covid-19-inentingsprogram, steun vir en die uitvoer van die beleidsbeloftes om Eskom bestendig te maak, en die instel van hervormings wat nodig is om dienslewering te verbeter:

Speel klankgreep: AFR ParsonsOnEconomy

# Die leier van One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sê die regering moet ophou speletjies speel met die openbare onderwysstelsel. Hy het ‘n oproep gedoen dat ‘n einde gemaak word aan matriekuitslae wat op die 30-persent standaard gebasseer is. Hy sê die uitslae moet  ‘n  50-persent slaagsyfer weerspieel. Maimani meen die 30-persent kerf verdoesel  die land se huidige basiese onderwys-krisis, laat onderwys-leiers aanspreeklikheid vryspring, en verskans middelmatigheid:

Speel klanksnit: ENG MaimaneOnPassRate

# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê in hulle oorsig oor die politieke toneel vanjaar, prestasies op die demokratiese, maatskaplike en ekonomiese front in Suid-Afrika word nou bedreig deur ondergrawing. ‘n Sentrale komiteelid, Alex Mashilo, sê dit het al hoe duideliker geword met November se plaaslike regeringsverkiesing:

Speel klankgreep: ENG FIN2 SACPReviewOf2021

# Nieu-Seeland se eerste geval van gemeenskapsoordrag van Covid-19 se Omikron-variant is in Auckland opgespoor. Die land se ministerie van Gesondheid sê ‘n volledig ingeënte persoon wat op ‘n vlug van die Verenigde Koninkryk aangekom het, het twee dae in Auckland deurgebring voordat die infeksie opgespoor is. Die persoon het glo ‘n nagklub, kroeg, Chinese restaurant en ‘n juwelier besoek. Die ministerie sê gesondheidsbeamptes probeer tans om alle ander naby kontakte wat aan hulle bekend is, te identifiseer en te nader, om te verseker dat hulle isoleer en ook getoets word.

# Krieket: Die oud-Engelse kaptein Nasser Hussain sê sommige van die besluite wat die hoofafrigter Chris Silverwood en die kaptein Joe Root op die toer om die As geneem het, is skokkend. Engeland is die As kwyt nadat hulle gister die derde toets teen Australië in Melbourne verloor het. Hussain sê Engeland het dinge veels te ingewikkeld gemaak en die spel in die wiele gery terwyl hulle drie van die beste toetskrieketspelers ooit tot hulle beskikking gehad het, naamlik Root, Jimmy Anderson and Stuart Broad:

Speel klankgreep: ENG HussainOnDecisions

# En ten slotte, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-82-sent teen die dollar, 17-rand-85-sent teen die euro en 21-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 47-duisend-856-dollar-70-sent. Die prys van goud is een duisend-801-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-92-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away