Nuus 13:00
BULLETIN 16 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-partyleier sê die meeste Suid-Afrikaners wil die land help herstel
# City Power stel noodsaaklike dienste en ondernemings vry van beurtkrag
# En, krieket: Die Proteas gaan in ‘n driehoekige-reeks in Pakistan speel
# Die GOOD-party se leier, Patricia de Lille, sê die meeste Suid-Afrikaners is goeie mense wat wil help om die land te herstel. De Lille het by die bekendstelling van die party se 2024-verkiesingsmanifes in Johannesburg gepraat. Sy voeg by Suid-Afrika het nie slegs ‘n sterk privaatsektor of ‘n staatsbeheerde ekonomie nodig nie – die land het álbei nodig:
# Die Energiereguleerder het die petroleumpyplyn-stelseltariewe goedgekeur. Dit laat Transnet toe om ‘n verhoging van 5,98-persent in sy toelaatbare inkomste, van 6,8-miljard-rand in 2023/2024 tot 7,2-miljard-rand in die 2024/2025-boekjaar, te realiseer. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die tarief tree volgende maand in werking:
# City Power se pogings om noodsaaklike dienste en ondernemings van beurtkrag in Johannesburg vry te stel, lewer resultate. Die plaaslike energiespan het die netwerk hervorm en krag-beperkings-ooreenkomste met die meeste ondernemings en noodsaaklike diensverskaffers aangegaan. Hierdie projek het ten doel om kritieke infrastruktuur-ontwrigting tot die minimum te beperk. City Power sal die Hursthill en Lenasia behandelingsaanlegte, Rand Water se Robertville transito waterpompstasie in Roodepoort en die Fleurhof Substasie van volgende week af uitsluit van beurtkrag. Veertien ander Johannesburgse Water-aanlegte is ook vir die uitsluiting geïdentifiseer.
# Die Boeing wat hierdie week hoogte verloor het op ‘n Latam Airlines-vlug tussen Nieu-Seeland en Australië, kan glo toegeskryf word aan ‘n fout in die stuurkajuit, en nie ‘n fout met die vliegtuig self nie. Onbekende Amerikaanse bedryfsbeamptes het aan die Wall Street Journal gesê ‘n lugwaardin het moontlik per ongeluk ‘n skakelaar op die vlieënier se sitplek gedruk, wat gelei het tot ‘n gemotoriseerde funksie wat die vlieënier in die vlugkontroles gedruk en die vliegtuig se neus laat sak het. Die vlieënier het later beheer herwin, en die vliegtuig het veilig geland. Talle passasiers is egter beseer.
# En, krieket: Pakistan se Krieketraad sê hy gaan teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland speel in ‘n internasionale driehoekige eendag-reeks. Dit is die land se eerste toernooi waarby drie nasies betrokke is, ná ‘n stilte van 20 jaar. Internasionale krieket het eers in 2020 ten volle na Pakistan teruggekeer, ná aanvalle op die Sri Lankaanse spanbus in Lahore in 2009. Pakistan is twee jaar later van sy reg ontneem om die Wêreldbeker-toernooi gesamentlik aan te bied, met veiligheidskwessies wat steeds voortduur. Die land het laas in 2004 ‘n driehoekige reeks aangebied, met Sri Lanka en Zimbabwe as teenstanders.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….