Nuus 13:00
BULLETIN 11 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP is verbind om die ekonomie, werkskepping en misdaadbekamping te takel
# Palestyne begin met Ramadan te midde van die voorslepende konflik in Gaza
# En, motorsport: Oliver Bearman maak ‘n droomdebuut in F1
# Die Inkatha Vryheidsparty sê politieke vryheid het nie maatskaplike en ekonomiese geregtigheid vir almal gebring nie. Die party het sy verkiesingsmanifes op die Moses Mabhida-stadion in Durban bekend gestel. Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê indien die party aan bewind kom, sal hy die ekonomie herstel, werk skep en misdaad en korrupsie bekamp:
Intussen sê 76-persent van die kiesers wat in die jongste opname deur die Brenthurst-stigting ondervra is, hulle steun ‘n koalisie-regering vir Suid-Afrika – vergeleke met 74-persent in Oktober verlede jaar. Nege-en-twintig-persent van die kiesers steun die Veelpartyhandves, 25-persent ‘n ANC-DA-koalisie, en 24-persent wil ‘n ANC-EFF-koalisie hê. Die opname toon dat die ANC se steun tot 39-persent gedaal het, die DA s’n het tot 27-persent gestyg het, en Jacob Zuma se MK Party is op 13-persent.
# Palestyne het begin om die heilige maand van Ramadan te gedenk te midde van ‘n uitdagende situasie weens die voorslepende konflik in Gaza. Die tekort aan humanitêre bystand vererger die probleme van die Palestyne, wat Ramadan gedenk deur te vas, te bid en aan gemeenskapsgeleenthede deel te neem. Dit het gelei tot hernude vrese van geweld in Jerusalem, met duisende Moslems wat na verwagting een van Islam se heiligste plekke, die al-Aksa-moskee, sal besoek. Duisende polisielede is om die Ou Stad in Jerusalem ontplooi om sekerheid te handhaaf.
# Motorsport: Die Britse tiener Oliver Bearman sê daar is nie veel wat hy nog kan doen om te bewys hy is gereed vir ‘n voltydse posisie in Formule Een nie. Dit volg op sy droom-debuut in die Saoedi-Arabiese Grand Prix toe hy die siek Ferrari-jaer Carlos Sainz moes vervang, en sewende geëindig het. Max Verstappen en Sergio Perez het in die eerste twee plekke geëindig, gevolg deur Charles Leclerc van Ferrari. Bearman was in vervoering om in sy heel eerste wedren punte aan te teken:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-529-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-176-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-28-sent per vat.
# En, die Wes-Kaapse LUR vir Polisieoorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het ‘n hommeltuig aan SANParke oorhandig om op Tafelberg te gebruik. Die tuig, wat sowat 18-duisend-rand kos, se hoogs tegnologiese eienskappe sluit in ʼn toestel om dit met die hand te beheer, ʼn kamera, visuele skerm en opname-toestel. Allen sê die Kaapse Wynland-, Overberg-, Tuinroete- en Weskus-distriksmunisipaliteite het ook hommeltuie ontvang:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….