Follow Us
NuusFlits: Minister van Vervoer Fikile Mbalula gaan AARTO-uitspraak appelleer
Tue 18th Jan 2022
News 12:00
Tue 18th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die Hof beslis matriekuitslae mag gepubliseer word
# Greenpeace Afrika sê die vasteland moet die geleentheid aangryp om plastiekbesoedeling te bekamp
# en ‘n Wes-Kaapse stedelike-landbou-onderneming se suksesse lei tot ‘n nuwe aanleg

# AfriForum het die uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verwelkom wat die Departement van Basiese Onderwys se besluit om nie die matriekuitslae op mediaplatforms te publiseer nie, omkeer. Die bestuurder van Onderwysregte by AfriForum, Natasha Venter, sê dit is in openbare belang om hierdie inligting te deel:

Speel klankgreep: AFR AfriforumOorResultate

# Die omgewingsorganisasie, Greenpeace Afrika, sê die voorgestelde ooreenkoms om plastiekbesoedeling te bekamp is ‘n geleentheid vir Afrika-leiers om hulle toewyding aan die oplossing van hierdie probleem te bewys. ‘n Woordvoerder, Erastus Ooko, sê die ooreenkoms word volgende maand ter tafel gelê wanneer nasionale regerings en multinasionale organisasies byeenkom vir die volgende sitting van die Verenigde Nasies se Omgewingsvergadering. Meer as 70 afgevaardigdes het in aanloop tot die vergadering ‘n verklaring onderteken wat die gebruik van onnodige plastiekverpakking verbied en ondersteuning uitspreek vir die ontwikkeling van hergebruikstelsels.

# Dit is nie net in Suid-Afrika waar geslagsgeweld en vrouemoord ‘n probleem is nie. Verskeie besonder gruwelike sake is wyd in die media in Oostenryk gerapporteer wat die kwessie van vrouemoord onder die soeklig geplaas het. ‘n Openbare debat het in die klein, welgestelde land ontstaan waar geweldsmisdaad oor die algemeen skaars is, en aktiviste is aangewakker en politici is gedwing om op te tree. Die nuusagentskap AFP berig syfers het gewissel, maar tussen 2010 en 2020 is 319 vroue in Oostenryk vermoor, meestal deur hul lewensmaats of voormalige lewensmaats, met ‘n rekordhoogtepunt van 43 slagoffers in 2019.

# Tennis: Organiseerders van die Australiese Ope sê hulle is bitter spyt oor die uitwerking wat die sage oor Novak Djokovic se deportasie op ander spelers gehad het, en erken daar is lesse om te leer. Die 34-jarige Djokovic se dramatiese vertrek het gevolg ná ‘n uitgerekte hofstryd met Australiese owerhede en het ‘n skaduwee oor die toernooi gegooi. Die nuusagentskap AFP berig in sy eerste kommentaar oor die aangeleentheid, Tennis Australia sê hy respekteer die hof se besluit en hoop die fokus kan nou verskuif na die aksie op die tennisbaan.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-44-sent teen die dollar, 17-rand-59-sent teen die euro en 21-rand-06-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-782-dollar-02-sent. Die prys van goud is een duisend-812-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-29-sent per vat.

# En ten slotte: ‘n Kaapstadse familie-onderneming wat in stedelike landbou spesialiseer, het hul uitgebreide aanleg bekend gestel wat groter voedselvoorsiening en meer werksgeleenthede vir Philippi en die groter Kaapstad sal bring. Die onderneming is in 2005 met ‘n paar kilogram groente en ‘n honderd hoenders begin. Hulle vervaardig nou honderde kilogramme groente en lewer daagliks gemiddeld nege-duisend eiers. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, glo die toekoms van voedselsekerheid lê in stedelike landbou:

Speel klankgreep: ENG VosONUrbanFarms

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away