Follow Us
News 12:00
Sat 12th Feb 2022
Cyril Ramaphosa ontvang nog steun vir ‘n tweede termyn as ANC-leier [KLANK]
Sat 12th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 12 Februarie 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# ‘n Hof beveel die Stad Tshwane om water en krag na Club Crossing te herstel
# Teen-inentingsbetogers kampeer buite Nieu-Seelandse parlement
# En, branderroei: Gene Prato blink uit op kalm see by eThekwini

# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Stad Tshwane beveel om die water- en kragverbindings na die Club Crossing-inkopiesentrum te herstel. Die sentrum het gister ‘n dringende aansoek ingedien ná die stad die water- en kragverbindings Woensdag sonder voorafwaarskuwing afgesny het. Na bewering skuld Club Crossing 2,4-miljoen-rand vir dienste gelewer. Die regsverteenwoordiger van die sentrum, Francois Botes, sê weens die uiterste dringendheid van die saak, is die stad verplig om dienste onmiddellik weer te lewer:

Speel klankgreep: ENG ClubCrossing

# Suid-Afrika het die maatskappy Huawei Technologies gedagvaar omdat hy die aantal buitelanders wat hy in die land in diens mag neem oorskry het. Die regering sê in ‘n verklaring byna 90-persent van die werknemers by die Chinese telekommunikasiereus se Suid-Afrikaanse eenheid is buitelandse burgers, insluitend al vyf in die topbestuur. Volgens die ingediende hofstukke wil die Departement van Indiensneming en Arbeid hê die regter moet Huawei beveel om aan die indiensnemingsreëls te voldoen en ‘n boete van 1,5-miljoen-rand te betaal.

# Die Departement van Openbare Ondernemings en die Suid-Afrikaanse Lugdiens het beide bevestig die verkoop-en-koopooreenkoms tussen die lugdiens en Takayso is in ‘n gevorderde stadium. Die verklarings volg agt maande nadat die lugdiens die Takatso-konsortium as sy aandelevennoot gekies het om hom in staat te stel om sonder verdere reddingsbooie van die staat te werk. Takatso se uitvoerende hoof, Gidon Novick, het ook bevestig onderhandelinge met die Departement van Openbare Ondernemings om ‘n 51-persent aandeel in die redery te koop duur voort. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens was vir meer as ‘n jaar in sakeredding en het in September verlede jaar sy binnelandse kommersiële vlugte hervat.

# Die aantal betogers buite die Nieu-Seelandse parlement het gister tot byna een-duisend-500 gestyg. Die polisie het hulle pogings verminder om teen-inentingsbetogers te verwyder wat die vorige dag by gewelddadige skermutselings betrokke was. Dit is verpligtend in Nieu-Seeland vir mense wat in onder meer die gesondheid-, wetstoepassings- en verdedigingsektore werk, om teen Covid-19 ingeënt te wees, en diegene wat weier, word afgedank. Inentingsbewyse moet ook getoon word om restaurante te betree en sportbyeenkomste en godsdienstige byeenkomste by te woon.

# En ten slotte: Branderroei: Gene Prato het die oorheersende plek in die gewilde Vrydagaand Branderroei-reeks ingeneem toe hy sy tweede oorwinning van die reeks behaal het. Prato het die kalm see en matige toestande in eThekwini ten volle benut en byna ‘n minuut voor die tweede geplaaste Wade Krieger geëindig. Met drie verskillende roeiers wat die eerste drie wedvaarte van die reeks van agt gewen het, het Prato nou die oorhand. Die vyfde byeenkoms van die reeks word Vrydag 25 Februarie gehou.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away