Follow Us
News 12:00
Tue 4th Jan 2022
Department of Basic Education announces 2022 school opening dates
Tue 4th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die stabiliteit van die parlement se dak kan nog nie bevestig word nie
# Tesla se aandeelpryse toon die grootste daaglikse styging in byna tien maande
# En, bergfietsryers kan nou tussen Oos-Kaapse olifante hul sport beoefen

# Die woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê n voorlopige inspeksie word in die Nasionale Vergadering-gebou gedoen. Hy sê die stabiliteit van die dak kon tot nou toe nie bevestig word nie. Die inspeksie sal na verwagting vandag afgehandel word. Hy het die media buite die Parlement toegespreek:

Speel klankgreep: ENG Parliament fire

Intussen het die toesighoudende amptenare by die parlement brandbestryders bedank vir hul harde werk tot laat verlede nag toe die brand by die parlement weer opgevlam het. ‘n Woordvoerder, Moloto Mothapo, sê sowat 30 brandbestryders het in sterk wind gesukkel om die brand te blus. Die vierde en vyfde verdiepings van die nuwe vleuel, bo die Nasionale Vergadering, is heeltemal verwoes:

Speel klankgreep: Media Management, 4 Jan Fire at Parliament

# Aandeelpryse van die vervaardiger van elektriese motors, Tesla, het gister die grootste daaglikse styging in byna tien maande getoon toe dit met 13,5-persent geklim het. Die prys het tot meer as 19-duisend-rand gestyg en word toegeskryf aan ‘n rekordgetal aflewerings in 2021 se vierde kwartaal. Reuters sê dit het vrese besweer dat voertuigvervaardigers beperkings in die voorsieningsketting kan ervaar. Tesla is deur die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur Elon Musk gestig. Ontleders verwag die groot getal aflewerings sal verwagtinge vir hierdie jaar versterk, ondersteun deur die pas van uitbreiding by fabrieke in Duitsland en Amerika.

# Krieket: Bangladesj is op die punt van ‘n geskiedkundige oorwinning oor die Wêreldtoets-kampioen Nieu-Seeland. Die besoekers kon nog nooit in Nieu-Seeland sukses behaal nie en het al 33 wedstryde in drie formate, waaronder nege Toetswedstryde, verloor. Die gasheer het ‘n klein voorsprong van 17 lopies, maar het reeds vyf paaltjies verloor op die vierde dag van die eerste toets in Mount Manganui. Ross Taylor, op 37, en Rachin Ravindra, op 6, sal môre voortkolf in Nieu-Seeland se tweede beurt.

# En ten slotte: Een van die wêreld se gewildste wildreservate in die Oos-Kaap het die bergfietsneiging aanvaar. ‘n Woordvoerder sê Shamwari se gaste sal nou die keuse van ‘n unieke bergfiets-ervaring hê en kan tussen die wêreldbekende Addo-olifante fietsry. Die bewaarderbestuurder, Andrew Kearney, sê die ritte in die bos is geskik vir mense wat gereeld fietsry en redelik fiks is. Dit bied die geleentheid om ‘n verskeidenheid wildlewe teen te kom. Kearney sê veiligheid geniet voorkeur en twee ervare gidse vergesel elke groep.

# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-97-sent teen die dollar, 18-rand-05-sent teen die euro en 21-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-568-dollar-20-sent. Die prys van goud is een duisend-803-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-24-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Available