Follow Us
Rugby: Bulls’ loose forward Botha looking forward to catching up with old mates in Saturday’s clash
Wed 24th Nov 2021
Gholf: Joburg Ope lui die nuwe DP World-toer in
Wed 24th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 24 November 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# ‘n Gewese minister pleit onskuldig op ‘n aanklag van meineed
# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se onderbenutte ru-olie-bergingsgeriewe is ‘n bedekte seën
# En sybokhaar-boere in die Oos-Kaap is verheug nadat die verkoopprys styg

# Die oudminister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het vanoggend in die Johannesburgse Streekshof onskuldig gepleit op ‘n aanklag van meineed. Sy word beskuldig dat sy onder eed gelieg het terwyl sy getuig het tydens ‘n ondersoek wat die Konstitusionele Hof gelas het oor haar rol in die krisis met maatskaplike toelaes vier jaar gelede. Die departement het nie ‘n kontrak vir die verspreiding van toelaes gereed gehad toe die vorige diensverskaffer s’n einde Maart 2017 verstryk het nie. Dit het veroorsaak dat miljoene begunstigdes nie hulle geld betyds ontvang het nie.

# Die Vryheidsfront Plus sê dis ‘n bedekte seën dat Suid-Afrika se bergingsgeriewe vir ru-olie in Kaapstad, Saldanhabaai en eThekwini nie onderhou of ten volle benut word nie, aangesien die wêreld wegbeweeg van fossielbrandstof. Dit volg op ‘n parlementêre groep se oorsig-besoek aan van dié geriewe nadat die portefeuljekomitee oor Minerale Bronne en Energie ‘n verslag by die Parlement ingedien het. ‘n Parlementslid van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê die tekort aan beskikbare raffinaderye om ‘n finale produk te vervaardig, maak die geriewe oorbodig.

# Altesaam 31-duisend-521 van die 86-duisend-630 gesondheidswerkers in diens van Gauteng se Departement van Gesondheid, is nie teen Covid-19 ingeënt nie. Dis bekend gemaak by die department se aanbieding by ‘n vergadering van die Gesondheidskomitee van die wetgewer. Jack Bloom van die DA sê die departement pak die skuld vir soveel personeel wat nie ingeënt wil word nie, op vals propaganda op sosiale media:

Speel klankgreep: ENGJackBloom

# Rugby: Die Springbokvroue se hulpafrigter, Lungisa Kama, verwag Saterdag ‘n taai stryd teen die Barbarians op Twickenham. Hy sê hy is veral in sy skik met van die drieë wat sy span in hul afgelope twee wedstryde teen Wallis en Engeland se Onder-20’s aangeteken het. Kama meen die uitdaging gaan Saterdag wees om op hul eie spel te  konsentreer en nie ontwrig te raak deur die avontuurlustige gees van die Baabaas nie:

Speel klankgreep: ENG KamaOnBaabaas

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-81-sent teen die dollar, 17-rand-78-sent teen die euro en 21-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-21-dollar-9-sent. Die prys van goud is een duisend-791-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-98-sent per vat.

# En die voorlaaste verkoping van sybokhaar vir die winterseisoen van 2021, is gister in Gqeberha in die Oos-Kaap gehou met 86-duisend kilogram wol wat aangebied is. Ses-en-neëntig persent daarvan is verkoop. ‘n Woordvoerder, Siobhan Momberg, sê die aanbod het uit goeie gehalte sybokhaar, met uitstekende afsonderlike skeersels, bestaan. Weens die swakker rand en groot aanvraag na die gewaarborgde bokhaar wat aangebied is, het die prys met ses-persent gestyg in vergelyking met die vorige verkoping. Dit het op meer as 394-rand per kilogram gesluit.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away