Follow Us
News 12:00
Sun 21st Nov 2021
Gauteng-regering betaal miljoene vir Esidimeni-beskuldigdes se regskoste [KLANK]
Sun 21st Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 21 November 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Ouers en onderwysers word gewaarsku om oplettend te wees met skool-ontvoerings wat toeneem
# Vrystaatse politieke partye bevraagteken COGTA se finansiële hulpplan aan sukkelende munisipaliteite
# FW de Klerk se verassing en roudiens word vandag by ‘n onbekende plek gehou

# Die Departement van Basiese Onderwys versoek ouers om meer oplettend te weet wanneer hulle kinders by die skool besorg. Verlede week het ‘n 18-jaar-oue meisie  naelskraap aan ‘n ontvoering ontkom en ‘n graad-vyf leerder word steeds vermis nadat sy buite haar skool in Mayfair ontvoer is. Die woordvoerder van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê die departement is baie bekommerd oor die situasie:

Speel klankgreep: ENG DBE kidnappings

# Mhlanga sê ook 287-duisend mense is in bykomende hoedanigheid by skole ontplooi:

Speel klankgreep: ENG Additional capacity

# Sommige politieke partye in die Vrystaat het gemengde gevoelens oor die kennisgewing van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake dat sukkelende munisipaliteite finansieel gehelp moet word. Die EFF en die DA sê die tydsberekening is ‘n plan van die ANC om rade in die provinsie te domineer waar daar nie ‘n volstrekte meerderheid is nie. Die LUR van die departement, Mxolisi Dukwana, sê egter die doel van die voorstel is om die magte van stadsrade van ‘n uitvoerende burgemeester-stelsel na een van gesamentlike uitvoerende amptenare te verander. Gekose munisipaliteite het tot die middel van Desember tyd om hul voorstelle in te dien.

# Suid-Afrika se laaste apartheid-president, FW de Klerk, word vandag te ruste gelê. Die FW de Klerk-stigting sê dis ‘n private geleentheid en geen media sal toegelaat word nie. Die 85-jarige oud-president is op 11 November aan kanker oorlede. Die presidensie het vroeër gesê die regering sal by ‘n latere geleentheid ‘n amptelike gedenkdiens hou ter herinnering aan De Klerk se rol as vorige adjunk-president. Enkele ure na sy dood, het die stigting ‘n video op sosiale media vrygestel waarin hy onvoorwaardelik verskoning maak vir apartheid en die pyn wat dit veroorsaak het.

# En ten slotte rugby: Al het die Springbokke 27-26 teen Engeland verloor, was dit nie die enigste internasionale wedstryd hierdie naweek nie. Skotland het op Murrayfield met 29-20 met Japan afgereken, terwyl Italië vir Uruguay met 17-10 geklop het. In die Principality Stadion in Cardiff, het Wallis sy wedstryd teen Australië net-net met 29-28 gewen. In Parys het die Franse die All Blacks hul tweede agtereenvolgende nederlaag toegedien en die Nieu-Seelanders met 40-25 verslaan. Ierland en Argentinië pak mekaar later vandag in Dublin.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away