Follow Us
News 12:00
Sat 20th Nov 2021
Cannabis entrepreneurs encouraged to visit the expo in Sandton before close of event today
Sat 20th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 November 12 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die Instituut vir Oordraagbare Siektes sê griepgevalle neem toe in werkplekke en skole
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens staak daaglikse vlugte na Mosambiek
# En, die Kanadese owerheid keur Pfizer Covid-19 entstof vir kinders tussen 5 en 11 goed

# Die uitbreek van griep onder groepe styg in Suid-Afrika en al meer mense beland in die hospitaal. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, oftewel NIOS, word siektes met griepsimptome en gevalle van longonsteking sedert Augustus vanjaar aangemeld. Die instituut sê die meeste gevalle is in skole en werkplekke. Volgens NIOS se epidemioloog, Sibongile Walaza, moet mense met onderliggende siektes en diegene met swak immuniteit, mediese raad kry wanneer hulle enige tekens van griep toon:

Speel klank:  ENG Influenza

# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê sy daaglikse retoervlugte van Maputo in Mosambiek gaan aan die begin van Desember gestaak word. Die SAA se tussentydse uitvoerende handelshoof, Simon Newton-Smith, het aangekondig die besluit is geneem omdat die behoefte aan die diens nie aan verwagtinge voldoen het nie. Newton-Smith sê passasiers wat reeds vlugkaartjies het, sal met die Mosambiekse Lugdiens kan reis of ‘n kredietbewys kry in die geldeenheid waarmee dit betaal is.

# Sanco in Noordwes, versoek die onmiddellike afdanking van ‘n administrateur wat die departement van Basiese Onderwys aangestel het. Dit volg op die in hegtenisname van ‘n vorige munisipale bestuurder van die Fetakgomo Groter Tubatse plaaslike munisipaliteit, en nog twee wat betrokke was by die VBS Mutual Bank-skandaal. Die woordvoerder van Sanco, Paul Sebotgoe, sê gemeenskappe in Noordwes kan nie nog ‘n strooptog bekostig wat hulle van gehalte diens beroof nie. Die verdagtes staar aanklagte van korrupsie, geldwassery en die oortreding van artikel 173 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, in die gesig.

# Kanada het aangesluit by die lande wat die toedien van die Pfizer-BioNTech Covid-19 entstof aan kinders tussen 5 en 11-jaar-oud, goedgekeur het. Maatskappye het in Oktober aansoeke voorgelê nadat kliniese toetse op duisende kinders in hierdie ouderdomsgroep gedoen is. In ‘n amptelike verklaring sê Kanada se Gesondheidsdepartment daar is vasgestel die voordele van die entstof oorskadu verreweg die risiko’s. ‘n Dosis van 10-milligram sal as twee inentings met drie weke tussenin, toegedien word. Daar is bevind die entstof is meer as negentig-persent doeltreffend  sonder enige ernstige newe-effekte.

# En ten slotte internasionale rugby: Nieu-Seeland se kaptein Sam Whitelock verwag die Franse sal met hul tradisionele manier van spel vorendag kom wanneer die spanne vandag in Stade de France in Paris bots. Nieu-Seeland wil ten alle koste ‘n tweede agtereenvolgende vernedering in 12 maande vermy. Hulle het verlede naweek teen die Iere verloor. Whitelock het aan die media gesê die geleentheid om vir die eerste keer in drie jaar in Europa terug te wees, is goed vir die span en hulle het waardevolle ondervinding opgedoen.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away