Nuus 11:00
BULLETIN 21 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afriaanse Sionistiese Federasie veroordeel die regering se vyandigheid en diskriminasie teen Israel
# Fase 2- en 3-beurtkrag word tot verdere kennisgewing ingestel
# En, in Sokker: Benjamin Mendy dagvaar Manchester City oor onbetaalde salaris
# Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie sê hy veroordeel Suid-Afrika se toenemend vyandige en diskriminerende posisie teenoor Israel. Die organisasie se reaksie volg op Israel se besluit om sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, te herroep, aangesien die Parlement na verwagting sal stem oor die sluiting van die Israelse ambassade. Die federasie se voorsitter, Rowan Polovin, sê die regering se eensydige en onverantwoordelike retoriek, en weiering om in dialoog te tree met Israel, verhinder dat Suid-Afrika enige betekenisvolle rol kan speel in die beëindiging van die heersende oorlog, of in enige toekomstige vredespogings:
# Eskom sê twee opwekkingseenhede moes vanoggend afgeskakel word en daarom word fase twee-beurtkrag van negeuur vanoggend tot vieruur vanmiddag ingestel. Daar is vroeër aangekondig dat fase een van toepassing is. Die kragvoorsiener se krisiskommunikasie-bestuurder, Menzi Mngomezulu, sê fase drie sal dan ingestel word en voeg by hulle sal voortgaan om die stelsel te monitor vir enige betekenisvolle veranderinge:
# Die DA sê die verdiepende Transnet-spoor- en hawekrisis dreig om Suid-Afrika se hele uitvoersektor, en dus ook die land se ekonomie, in duie te laat stort. Transnet raam, agterstande en vertragings met die verskuiwing van skeepsvraghouers deur sy sleutelhawe in Durban, het hom sedert September, tot dusver minstens 160-miljoen-rand aan inkomste laat verloor. Mimmy Gondwe van die DA sê hulle eis ‘n duidelike multi-agentskap-ingryping om die knelpunte by hawens te ontleed en bestuur, met tussentydse maatreëls wat verligting sal bied:
# Befondsingsaansoeke vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir die volgende akademiese jaar sal hierdie week open. Ten spyte van uitdagings wat vertraagde toelaes veroorsaak, kan duisende voornemende studente aansoek doen vir befondsing om by openbare hoëronderwys-instellings te studeer. Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, sal na verwagting vandag besonderhede oor die aansoekproses verskaf. Die aansoektydperk van twee-maande sal tot einde Januarie duur, wat voorsiening maak vir die voltooiing van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se belastingtydperk. Voornemende studente word versoek om stiptelik aansoek te doen om die stormloop op die laaste oomblik te vermy.
# Sokker: Die voormalige Manchester City verdediger, Benjamin Mendy het ʼn multimiljoenrand-eis by die Indiensnemingstribunaal ingedien oor ongemagtigde salaris-aftrekkings. Die 29-jarige speler is in 2021 aangekla van verkragting en seksuele aanranding, maar ʼn jurie het hom in Julie vanjaar onskuldig bevind na ʼn herverhoor in die Chester Crown-hof in Engeland. Volgens berigte het Manchester City in September 2021 opgehou om Mendy te betaal nadat hy aangekla is. Die verdediger eis nou die salaris wat hy moes ontvang totdat sy kontrak in Junie verstryk het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-32-sent teen die dollar, 20-rand-7-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-348-dollar-70-sent. Die prys van goud is een-duisend-991-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….