Follow Us
News 09:00
Tue 18th Jan 2022
DA gekant teen uitsettingskennisgewings aan operateurs by Virginia-lughawe in KZN [SOUND]
Tue 18th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 9 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Johannesburg gaan vandag weer probeer om komitee-voorsitters te kies
# ‘n Vermeende gesinsmoordenaar van Ga-Rankuwa en haar medebeskuldigdes verskyn vandag in die hof
# En krieket, die jong Proteas takel Uganda vandag in die Onder 19-Wêreldbekertoernooi

# Die Stad Johannesburg gaan vandag weer probeer om komitee-voorsitters te kies nadat verlede week se eerste raadsvergadering ná die plaaslike verkiesing in chaos ontaard het. Die veelparty-koalisie het gister lede van die ANC en EFF beskuldig dat hulle Vrydag se vergadering ontwrig het en president Cyril Ramaphosa gevra om in te gryp en sy partylede tot orde te roep. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, reken dit is die president se verantwoordelikheid en die voorval moet beskou word as ‘n vooruitskouing van dit wat na 2024 se algemene verkiesing kan gebeur.

# Onthatile Sebati en haar medebeskuldigdes, die neefs Kagiso Mokone en Tumelo Mokone, sal na verwagting vandag weer in Brits se Landdroshof verskyn ná die moord op haar vier gesinslede in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria in 2016.  Hulle was ten tye van die voorval nog almal tieners en staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook diefstal. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê hul verskyning volg ná ‘n hofbevel om Sebati sielkundig te laat evalueer op aanbeveling van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

# Die Australiese staat Victoria het ‘n Kode Bruin in verskeie hospitale ingestel in die stryd teen die koronavirus. Dit beteken nie-noodsaaklike dienste kan uitgestel en personeel se verlof gekanselleer word. Die waarnemende minister van Gesondheid, James Merlino, sê die kode is uitgereik omdat die gesondheidstelsel en hospitale onder uiterste druk is weens die Omikron-variant. Hulle verwag dat meer as twee-duisend-500 mense in hospitale sal beland. Australië se ABC News berig sowat vierduisend gesondheidswerkers het tans Covid-19 en kan dus nie werk nie.

# Krieket: Suid-Afrika en Uganda gaan vandag kragte meet in ‘n groepwedstyd van die Onder 19-Wêreldbekertoernooi. Die wedstryd vind plaas in Port of Spain, Trinidad, en begin vanmiddag drieuur. Die gashere, die Windies, het Skotland gister met sewe paaltjies afgeransel. Die jong Skotte is in hulle 36ste beurt vir ‘n skamele 95 lopies uitgehaal terwyl die Windies die teiken binne 20 boulbeurte gehaal het met drie paaltjies plat. Sri Lanka het Australië met vier paaltjies ore aangesit terwyl Pakistan Zimbabwe met 115 lopies geklop het. Vandag se ander wedstryde is tussen Kanada en Engeland, en Afghanistan en Papoea-Nieu-Guinee.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-43-sent teen die dollar, 17-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-121-dollar-6-sent. Die prys van goud is een duisend-817-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-46-sent per vat.

# En om mee af te sluit, die seeskilpad-rehabilitasiespan van die Twee Oseane-akwarium se onderwysstigting in Kaapstad het 44 seeskilpaaie sowat 30 seemyl suid van Houtbaai vrygelaat. ‘n Woordvoerder, Renee Leeuwner, sê die seeskilpaaie het almal die afgelope paar maande by die Twee Oseane-akwarium herstel, nadat hulle op Wes-Kaapse strande gevind is:

Speel klankgreep: ENG ReneeONTurtles

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away