Nuus 09:00
BULLETIN 11 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu eis ‘n ondersoek na die tragedie van die George-gebou ineenstorting
# Eskom weerlê mediaberigte oor die oormatige gebruik van diesel om beurtkrag te voorkom
# En, rugby: Groot veranderings aan die Baba-Bokke se span vir die laaste Onder 20 Rugbykampioenskapswedstryd
# Cosatu doen ‘n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om ‘n onafhanklike geregtelike ondersoek na die ineengestorte gebou in George van stapel te stuur. Dit moet insluit of die munisipaliteit versuim het om bou- en indiensnemingsregulasies toe te pas en of daar ‘n korrupte verhouding tussen die maatskappy en munisipale amptenare is. Matthew Parks van Cosatu sê die vakbondfederasie glo die werkgewer het strafregtlike verwaarlosing van werkers getoon en moet aangekla word:
# Eskom het bespiegeling verwerp dat hy oormatig van oopsiklus-gasturbines gebruik maak om beurtkrag te verhoed, wat die afgelope 44 dae nie ingestel is nie. Hy sê die voortgesette opskorting is danksy voldoende opwekkingsvermoë weens ‘n betroubaarder opwekkingsvloot. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy se dieselbegroting van April tot Junie is 5,8-miljard-rand en teen die negende van dié maand is slegs 19,7-persent bestee:
# Minister Ebrahim Patel verwelkom die verbintenis van Hisense Suid-Afrika om verkryging van plaaslike asook ondernemings in swart besit oor vyf jaar met meer as een-miljard-rand te vergroot. Die maatskappy het tydens die besoek van die minister aan die Hisense-fasiliteit in Atlantis ‘n nuwe 100-duim-televisiestel bekendgestel, ‘n teken van uitgebreide plaaslike produksie. Met verhoogde belegging, insluitend een-miljard-rand in swart verskaffers, beoog Hisense om met ekonomiese bemagtiging en industriële groei werkskepping te versterk. Minister Patel beklemtoon die belangrikheid van die integrasie van swart nyweraars in die waardeketting vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling.
# Die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, sê die land se weermag veg teen gewapende groepe, wat ‘n groot aanval op die noordelike dorp Macomia van stapel gestuur het. Reuters berig die dorp is in Cabo Delgado, ‘n noordelike provinsie ryk aan aardgas en waar groepe wat met ISIS verbind word in 2017 ‘n militêre opstand begin het. Ondanks ‘n groot teenaanval van sekuriteitsmagte was daar sedert Januarie ‘n skerp toename in aanvalle. ‘n Streeksmag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het verlede maand begin om uit Mosambiek te onttrek, want sy mandaat eindig in Julie.
# En, rugby: Die Junior Springbokke speel môre teen Argentinië in hulle laaste wedstryd in die Onder 20-Rugbykampioenskap in Australië na ‘n teleurstellende toernooi tot dusver. Hulle het gelykop gespeel teen die Junior All Blacks en daarna teen die gasheer verloor. Zachary Porthen keer terug as kaptein na ‘n handbesering. Hoofafrigter Bafana Nhleko het groot veranderings aan die Baba-Bokke se opdrafspan gemaak en slegs vier spelers behou hulle posisies na die wedstryd teen die Wallabies. Afskop in Bokarina is môre-oggend half-ses, Suid-Afrikaanse tyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….