Nuus 09:00
BULLETIN 8 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister De Lille sê die toename in internasionale reisigers is goed vir die ekonomie
# Die GOOD-party wil het die ineenstorting van die Gebou in George moet vining ondersoek word
# En, minstens 27 mense, insluitend kinders is sedert Maandag in Rafah dood
# Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is ‘n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat ‘n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê Suid-Afrika het 1,8-miljoen toeriste uit die res van Afrika verwelkom:
# Die Regsdienskommissie het besluit om nie aan te beveel dat die Gautengse regter-president, Dunstan Mlambo voor die Geregtelike Gedragstribunaal verskyn nie. Dit volg na die Regterlike Gedragsappèlkomitee aanbeveel het Mlambo moet voor die tribunaal verskyn. Dit handel oor ‘n beweerde leuen wat hy aan die minister van Justisie en die Parlement vertel het oor ‘n dispuut met advokaat Anthony Brink. Die Regsdienskomisise het bevind daar is nie enige getuienis om die bewering te staaf nie en het dus die aanbeveling vir die instelling van ‘n tribunaal verwerp.
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ‘n spoedige ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die gebou in George in die Wes-Kaap. Sewe werkers is dood en 41 word nog vermis terwyl reddingsoperasies voortduur. GOOD se woordvoerder, Ricky Seekoei, sê diegene betrokke by die projek se bouwerk en munisipale gebou-inspekteurs moet antwoorde verskaf of bouregulasies nagekom is:
# Sewe-en-twintig mense, insluitend ses kinders, is sedert Maandag in Israelse aanvalle op Rafah in Gaza dood. Dit volg nadat Israel ʼn grootskaalse militêre operasie teen Hamas-magte in Rafah uitgevoer het. Die land het beheer geneem van ʼn belangrike grenspos en die meeste hulp na die gebied afgesny. Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel se militêre optrede in Rafah is tweedoelig. Hulle wil gyselaars bevry en Hamas permanent uitskakel.
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen het ʼn spesiale uitnodiging van die 106de PGA-kampioenskap van die hand gewys as gevolg van ʼn onbekende persoonlike verpligting. Hy was een van die LIV Gholf-spelers wat ʼn spesiale uitnodiging ontvang het om volgende week by Valhalla in Louisville, Kentucky, deel te neem. Die Saoedi-ondersteunde LIV sal deur 16 spelers verteenwoordig word wat die verdedigende kampioen Brooks Koepka, asook Jon Rahm en Dustin Johnson insluit.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-647-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-317-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….