Follow Us
News 09:00
Fri 7th Jan 2022
Motorsport: Nasser Al Attiyah en Mathieu Baumel behou hul voorste plek in die Dakar-tydren [KLANK]
Fri 7th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 9 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Gesondheidsdepartement kondig nog 551 Covid-19-sterftes aan na ‘n voortgaande oudit
# Die Wes-Kaapse ANC-koukus sê ‘n oneerlike gewese LUR hoort nie in ‘n openbare amp nie
# En tennis, Novak Djokovic se ma sê hy word soos ‘n gevangene in Australië behandel

# Die Departement van Gesondheid het 551 bykomende Covid-19-sterftes gevind tydens ‘n voortgaande oudit om die agterstand in sterftes en nuwe gevalle te hanteer. Woordvoerder Foster Mohale beskryf die aanwys van hierdie sterftes as deel van die proses om die provinsiale sterftesyfer in ooreenstemming te bring met oormatige sterftes:

Speel klankgreep: ENG FosterMohale

Intussen is nog 45 mense in die jongste verslagtydperk in Suid-Afrika aan Covid-19 dood, wat die sterftesyfer sedert die begin van die pandemie op 92-duisend-112 te staan bring. Die Wes-Kaap het wel die meeste gevalle, naamlik twee-duisend-632, aangeteken, maar eNCA sê die provinsie is oor die vierde vlaag wat deur die Omikron-variant aangevuur is. Gauteng met twee-duisend-123 het die tweede meeste gevalle, gevolg deur KwaZulu-Natal met tweeduisend-36. Die toets-positiwiteitskoers het effens afgeneem tot 21-persent.

# Die ANC in die Wes-Kaapse wetgewer is woedend omdat premier Alan Winde die gewese DA-leier in die provinsie en LUR, Bonginkosi Madikizela, as ‘n spesiale raadgewer aangestel het. Dit volg byna nege maande nadat hy sy pos onder ‘n wolk verlaat het. Die opposisieleier, Cameron Dugmore, sê Madikizela is nie geskik om ‘n openbare amp te beklee nie. Hy sê hulle het die nasionale Departement van Staatsdiens en Administrasie gevra om nie Madikizela se aanstelling te bekragtig nie:

Speel klankgreep: ENG CameronOnMadikizela

# Tennis: Die wêreld se nommer een-speler, Novak Djokovic, se ma beskuldig Australië dat haar seun soos ‘n gevangene behandel word nadat hy gister toegang tot die land geweier is. Die speler is volgens berigte na ‘n regerings-goedgekeurde hotel in Melbourne geneem nadat sy visum teruggetrek is. Djokovic het vroeër aangekondig hy het mediese vrystelling ontvang om aan die Australiese Ope deel te neem al is hy nie ingeënt nie. Dijana Djokovic het op ‘n nuuskonferensie in Belgrado, Serwië, gesê haar seun word aangehou in ‘n vuil aanhoudingsentrum met oneetbare kos.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-73-sent teen die dollar, 17-rand-79-sent teen die euro en 21-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-818-dollar-7-sent. Die prys van goud is een duisend-790-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-70-sent per vat.

# En om mee af te sluit, die man wat die sleutel van oudpresident Nelson Mandela se tronksel op Robbeneiland bewaar het, het ‘n afslaer gevra om dit aan ‘n veiling later die maand te onttrek. Guernsey wil op die 28ste die sleutel en ander Mandela-gedenkwaardighede verkoop. Ander artikels sluit een van sy kenmerkende hemde in, asook geskenke wat hy by Amerika se voormalige president Barack Obama en die Harvard Universiteit ontvang het. Volgens TimesLIVE sê Christo Brand hy het die sleutel in 2018 geskenk om geld in te samel vir ‘n Mandela-gedenktuin in Qunu.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away