Nuus 09:00
BULLETIN 17 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ouditeur-Generaal is bekommerd oor munisipaliteite wat nie hul finansiële state betyds indien nie
# Die Du Toit’s Kloof-brand is buite beheer
# En krieket: Die Protea-vroue kan vandag die eendagreeks teen Sri Lanka beklink
# Die Ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het die Parlement gevra om in te gryp en munisipaliteite sover te kry om hulle finansiële state teen die sperdatum in te dien. Minstens 14 munisipaliteite het nie hulle finansiële state vir 2023 betyds ingedien om geoudit te word nie. Dit sluit die Stad Tshwane en die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes in. Maluleke sê sy het die Parlement se waarnemende speaker, Lechesa Tsenoli, gevra om die kwessie na die portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake te verwys.
# Die brandweerdienste van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is steeds besig om ‘n brand wat buite beheer woed in die Du Toitskloof te bestry. Die brand wat gisteraand oorkant die Du Kloof-hotel uitgebreek het, brand steeds teen die kranse in die rigting van die Hugenote-tonnel. Die munisipale woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê motoriste word gemaan om versigtig te bestuur in die gebied:
# Die DA in Johannesburg sê hy is erg bekommerd oor die voortdurende watertoevoeronderbrekings wat inwoners teister. Inwoners wat hulle water van die Forest Hill-watertoring kry, was verlede week vir ‘n hele paar uur sonder water. Die rede is Rand Water se Zwartkoppies-pompstasie. Michael Crichton van die DA sê dit was soortgelyk aan die onderbreking van 55-dae wat inwoners ondervind het wat water van die South Hills-toring kry:
# Myanmar se voormalige leier en Nobelprys-wenner, Aung San Suu Kyi wat in aanhouding is, is glo uit die tronk onder huisarres geplaas. Die 78-jarige word deur die Myanmar militêre owerheid aangehou sedert haar regering in ‘n staatsgreep in 2021 omvergewerp is. Sy staar tronstraf van 27 jaar in die gesig wat strek van verraad, omkopery, tot die oortreding van die Telekommunikasiewet. Sy ontken die aanklagte. ‘n Junta-woordvoerder, Zaw Min Tun, sê talle gevangenes word as ‘n voorsorgmaatreël onder huisarres geplaas weens die uiters warm weer.
# Krieket: Die Protea-vroue kan vandag ‘n reeksoorwinning teen Sri Lanka behaal in die derde en laaste eendagwedstryd in Potchefstroom. Die eerste kragmeting in Oos-Londen het uitgereën, en die gasvroue het die tweede wedstryd Saterdag in Kimberley met sewe paaltjies gewen. Suid-Afrika het die besoekers uitgeboul vir 229 toe Ayabonga Khaka en Nadine de Klerk beide drie paaltjies laat kantel het. Die kaptein Laura Wolvaardt het gesorg vir ‘n onoorwonne honderdtal en die Proteas het die teiken bereik met net drie paaltjies plat en 14 balle oor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-748-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-382-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 89-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….