Nuus 09:00
BULLETIN 18 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Motshekga sê onderrig en leer moet nie net sigbaar wees nie, dit moet ook sinvol wees
# Die Gautengse premier wil hê die waterkrisis moet teen die einde van die week opgelos word
# En minister Pandor onderneem ‘n amptelike besoek aan die VSA en Jamaika
# Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê die aanvaarding van ‘n evaluering-vir-leer-benadering is noodsaaklik in die evaluering van ‘n wyer stel vaardighede. Sy sê onderrig en leer moet nie net sigbaar wees nie, maar ook sinvol. Die minister het die Basiese Onderwys-lekgotla in Boksburg, Ekurhuleni, toegespreek. Volgens Motshekga staar die sektor steeds ‘n infrastruktuurkrisis in die gesig:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor die Polisie sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet sy lede se opleiding verbeter om seker te maak dit voldoen aan die Wet op Huishoudelike Geweld. Van een April tot 30 September verlede jaar is 60 gevalle aangemeld, maar by 50 hiervan is ‘n polisievorm oor huishoudelike geweld nie volledig ingevul nie. In twee gevalle is ʼn klaer nie gehelp om ʼn klag in te dien nie. Die komitee sê beter opleiding sal polisiebeamptes toerus sodat hulle verslae en ondersoeke na huishoudelike geweld deeglik gedoen word.
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het kommer uitgespreek oor die voortslepende waterkrisis in dele van die provinsie. Rand Water het inwoners gewaarsku om water spaarsaam te gebruik omdat die stelsel onder geweldige druk is en moontlik kan ineenstort. Die stelsels in die Stad Tshwane alleen was die naweek onder 30-persent en watervoorsiening na sommige reservoirs moes onmiddellik gestaak word. Lesufi moedig rolspelers aan om die kwessies teen die einde van die week op te los:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, bring hierdie week ʼn staatsbesoek aan Amerika en die Karibiese eiland, Jamaika. Sy sal in Amerika hoëvlak-samesprekings voer en beraadslaag met verskeie rolspelers uit die regering en nieregeringsorganisasies, en met leiers in die sakewêreld, die akademie en ander belangrike figure. Pandor sal in Jamaika samesprekings voer met die minister van Buitelandse Sake en Buitelandse Handel, Kamina Smith Johnson. Hulle sal ook medevoorsitters wees van die Karibiese Gemeenskap en Gemeenskaplike Markvergadering van Ministers van Buitelandse Sake.
# Gholf: Die wêreld-nommereen Scottie Scheffler, het die eerste speler geword wat sy titel by die Spelerskampioenskap suksesvol verdedig. Die Amerikaner, wat met ‘n nekbesering gesukkel het, het in die laaste ronde ‘n agterstand van vyf houe oorkom en die 50ste PGA-toer-vlagskiptoernooi met ‘n agt-onder 64 gewen. Hy het op 20 onder, een hou voor sy mede-Amerikaners Brian Harman, Xander Schauffele en Wyndham Clark klaargemaak. Scheffler sê, die oorwinning is vir hom spesiaal omdat hy met ‘n besering gespeel het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-43-sent teen die euro en 23-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-78-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-146-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….