Nuus 09:00
BULLETIN 17 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die regering se beleid teenoor armes steun leerders steeds
# Die GOOD partyleier veroordeel geweld teen burgerlikes in Gaza
# En, rugby: Spel in SA kry ‘n hoë-prestasie bestuurder
# President Cyril Ramaphosa sê die regering se beleid teenoor armes help leerders steeds met hulle onderwysloopbane. Ramaphosa het by die 110de herdenking van Koning Dinuzulu in Nongoma, KwaZulu-Natal gepraat. Die president sê dit sluit in dat miljoene leerders elke dag ‘n voedsame maaltyd by die skool kry, vroeë kinderontwikkeling, skole met geen fooie, gratis vervoer na skole en kindertoelaes:
# Die GOOD-party se leier Patricia de Lille het geweld teen burgerlikes deur die staat Israel en Hamas veroordeel. Sy voeg by die party is baie duidelik oor die regte van Palestyne om teen Israelse apartheid te veg, want as Suid-Afrikaners, herken hulle die lyding. De Lille het by die bekendstelling van GOOD se 2024 verkiesingsmanifes in Johannesburg gepraat:
# Die ekonoom Roelof Botha wat tot die Betterbond Property Brief bydra, sê nuwe huisleningsbedrywighede het in die eerste kwartaal van die jaar op ‘n positiewe noot begin met ‘n kwartaal-tot-kwartaal-styging van 7,8-persent in die aantal huislenings wat ingedien is. Botha sê egter hoë rentekoerse het steeds ‘n negatiewe impak p die huismark met ‘n daling van agt-persent in die jaar-tot-jaar-syfer:
# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê ‘n vertraging met die indiening van finansiële state is nie ‘n roetine gebeurtenis nie en die rede hoekom kommunikasie met die Johannesburgse Aandelebeurs nie op die stad se kontrolelys was nie. Tshwane het ‘n teregwysing van die JSE aanvaar en hom verbind om meer pligsgetrou oor pryssensitiewe inligting te wees. Brink sê die metro streef na Kaapstad se standaard van die verbetering van dienste deur in infrastruktuur te belê. Dit maak die nodig om sy kredietgradering te verbeter om toegang te kry tot broodnodige finansiële steun en lenings.
# En, rugby: Dave Wessels gaan die nuwe pos as hoofbestuurder vir Hoë Prestasie-Rugby vul. Die 41-jarige voormalige afrigter van die Super Rugby-spanne, Western Force en Melbourne Rebels is tans die hoof van rugby by die Stormers/Westelike Provinsie. SA Rugby sê die rol van Hoofbestuurder: Rugby is afgeskaf en die posbekleër Charles Wessels gaan voortaan op Springbok-aangeleenthede fokus. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê die doel met die veranderings is om aan die behoeftes van die nasionale spanne te voldoen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….