Nuus 09:00
BULLETIN 14 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Drie uit vier vroue voel onveilig in Suid-Afrika
# Die African Transformation Movement veroordeel Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 15,9%
# En, meer as 200 kinders is van ‘n plaas in Zimbabwe gered waar hulle as goedkoop arbeid misbruik is
# Nuwe navorsing deur 1st For Women-versekering toon 76-persent van Suid-Afrikaanse vroue voel onveilig, met baie wat daarom emigrasie oorweeg. Volgens die peiling is die Verenigde Koninkryk die mees gesogte bestemming, gevolg deur Kanada en Australië. Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is aangedui as die veiligste provinsies, gegrond op misdaadsyfers en veiligheidspersepsies. Die Wes-Kaap word as onveiligste aangedui, gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap.
# Die African Transformation Movement veroordeel Eskom se plan ten sterkste om kragtariewe vir die volgende drie jaar met ‘n gemiddeld van 15,9-persent per jaar te verhoog. Die party beweer hierdie stap sal die ekonomiese bestendigheid en welsyn van burgers bedreig. Ondanks die erkenning van Eskom se behoefte aan finansiële lewensvatbaarheid, voer die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, aan hierdie verhoging sal op sukkelende huishoudings en ondernemings afgedwing word. Ntshona verwerp die voorgestelde verhoging en versoek Eskom om met belanghebbendes in gesprek te tree oor ‘n billiker en meer volhoubare befondsingsoplossing:
# Die eThekwini-metro het tugstappe gedoen teen nagenoeg twee-duisend personeellede wat lid is van die Suid-Afrikaanse Munisipalewerkersvakbond en wat aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. Die stappe sluit afdanking in. Hulle het oor salarisverhogings gestaak. Die burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê 81 werkers is reeds voorlopig geskors weens wangedrag tydens die staking, terwyl een-duisend-781 werkers kennisgewings van wangedrag ontvang het:
# Meer as 250 kinderarbeiders is van ‘n Zimbabwiese plaas noordwes van die hoofstad, Harare, gered waar 16 ongeregistreerde grafte ook aangetref is. Owerhede sê die kinders van skoolgaande ouderdom het nie skool bygewoon nie en is as goedkoop arbeid misbruik. Sewe van die grafte was van babas waarvan die sterftes nie by die owerheid geregistreer is nie. Een persoon, wat homself die Profeet Ismael noem, en sewe medepligtiges is in hegtenis geneem weens strafregtelike oortredings, insluitend kindermishandeling.
# Tennis: Die vierde-gekeurde Daniil Medvedev is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur na die Indian Wells-kwarteindronde. Die Rus het Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-4, 6-4 verslaan. Casper Ruud van Noorweë het die Fransman Gael Monfils se lopie in ‘n marathon-stryd van twee uur-27 minute beëindig. Die telling was 3-6, 7-6, 6-4. In die afdeling vir vroue het Emma Navarro van die VSA, die grootste oorwinning van haar loopbaan behaal, toe sy die wêreld-nommertwee, Aryna Sabalenka van Belarus, met 6-3, 3-6, 6-2 verslaan het om die kwarteindronde te haal. Navarro sê om die heersende Australiese Ope-kampioen te klop, voel surrealisties:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-416-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-171-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….